Bosveld NewsNews

HPP-juniors praat titels los

Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se redenaar-groentjies het onlangs tydens die interhoër-redenaarskompetisie op eie bodem gewys dat hul klein maar wel getryn is .

MOKOPNAE – Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se redenaar-groentjies het onlangs tydens die interhoër-redenaarskompetisie op eie bodem gewys dat hul klein maar wel getryn is en spog met die titel as die beste juniorspan van die dag.

Ijanke Steyn spog met ‘n tweede plek in die junior voorbereide-afdeling, in die onvoorbereide-afdeling praat Kinna Wessels ‘n eerste plek los en Anria Kruger ‘n tweede plek. Kinna word algeheel gekroon as die beste junior Afrikaansspreker.

René Buitendag, Ijanke, Anria, Kinna, Mmotegi Motiba en Mariam Cassim het ‘n hond uit ‘n bos gepraat en verower die titel as beste juniorspan.

HPP raap ‘n gesogte algehele tweede plek op met Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal in die eersteplek en Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi in die derdeplek.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button