Muntbottels vul kleuterskool se sak na fondsinsameling
Die Trinitaskleuterskool op die hoek van Ruiter- en Krugerstraat het R9 000 ingesamel met hul R2-projek wat op 8 Junie afgeskop het.
MOKOPANE – DIE Trinitaskleuterskool op die hoek van Ruiter- en Krugerstraat het R9 000 ingesamel met hul R2-projek wat op 8 Junie afgeskop het.
“Elke kleuter het ‘n leë medisynebotteltjie ontvang wat hul met R2’de moes opvul en vir elke vol botteltjie het hul weer ‘n leë een ontvang,” vertel Esna du Plessis, eienaar van die kleuterskool, aan Bosveld.
Die fondsinsameling het verlede Vrydag gesluit en Jacques Engelbrecht (3) is die wenner van ‘n DVD-speler nadat hy 36 botteltjies vol gemaak het met Johann Bornman (2) kort op sy hakke met 34 botteltjies en Hanno Uys (2) in die derde plek met 29 botteltjies, Johann en Hanno is elkeen met ‘n kontantprys beloon.
Esna bedank al die ouers en kleuters vir hul samewerking.




