Bok-bok staan nié stil ten bate van kleuterskool
Bok het by Hoërskool Noorderland se skoolsaal 'n gehoor van 490 mense vermaak ten bate van Erika Kleuterskool.
POLOKWANE – Bok van Blerk het die gehoor behoorlik aan sy lippe laat hang toe hy inwoners van die stad bederf het met sy treffers op Saterdag, 15 Augustus.
Bok het by Hoërskool Noorderland se skoolsaal ‘n gehoor van 490 mense vermaak ten bate van Erika Kleuterskool.
Die geld wat ingesamel is word gebruik om verbeterings aan die skool te maak. Alizia Sibley, organiseerder van die aand, het aan Review gesê dat hulle baie opgewonde is oor die aand se opkoms.
“Dit was ‘n reuse sukses, ons het ongelooflike ondersteuning ontvang.Bok en sy orkes het ook nie teleurgestel nie en die mense het goeie waarde vir hulle geld gekry,” vertel Sibley.
Sy sê dat die skool beplan om in die komende jaar weer iets in dieselfde lyn te doen.





