Haar kollegas en familie vra gemeenskap vir geldelike bystand
Jaenri Botha (43), ma van drie kinders, is erg beseer in 'n motor ongeluk begin van Augustus. Sy is die enigste broodwinner en behoort nie aan 'n mediese fonds nie.
POLOKWANE – Jaenri Botha (43), ma van drie kinders, is op 8 Augutus erg beseer in ‘n motor ongeluk in Marshallstraat.
Die kar waarin sy was, was getref toe die bestuurder van ‘n ander voertuig die stopteken verontagsaam het.
Jaenri was na die Pietersburg Provinsiale Hospitaal gevat en opgeneem.
“Ongelukkig is die diens daar nie baie goed nie en wil ons haar graag oorplaas na die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria omdat sy dringend hulp en behandeling benodig. Sy moet ook X-straal plate laat neem, maar dit moet by ‘n buite-praktyk gedoen word. Dit beteken sy moet haarself by die provinsial hospitaal ontslaan en dan kan sy nie sonder ‘n doktersverwysing weer daar opgeneem word nie,” vertel Elza Engelbrecht, ma van Jaenri.
Volgens haar is ‘n dokter in die stad wel bereid om hiermee te help, maar dan moet sy plek hê om oor te bly in ‘n hospitaal waar hy na haar kan kyk voordat sy dan weer in die provinsiale hospitaal opgeneem moet word.
Jaenri se nek het erg seer-gekry en haar nekwerwels het geskuif in die ongeluk. Sy is ingelig dat ‘n operasie nodig is.
“Sy is nie verlam nie en kan haar hande beweeg, maar sy kry reeds die naalde-en-spelde-gevoel in haar hande wat nie ‘n goeie teken is nie.
“Sy kla ook van geweldige pyn agter haar linkeroor. Die dokter het vir my gesê sy het ‘n ernstige fraktuur in haar nek,” verduidelik Elza.
Jaenri is ‘n kostebewerkings- en faktureringsklerk by die werkswinkel van Mercurius Commercial, sy sien ook na Elza om en is die enigste broodwinner. Sy behoort nie aan ‘n mediese fonds nie. Haar kollegas en familie doen ‘n beroep op die gemeenskap om haar geldelik by te staan. Phillp Smith Prokureurs het ‘n trustrekening vir die doel oopgemaak.
Bank: Absa
Rekeningnommer: Phillip Smith Prokureur Trust
Rekeningnommer: R404 951 7074
Takkode: 632005
Verwysing: PP5073
Vir navrae kontak Mercurius Commercial by (015) 298 4700 of Phillip Smith Prokureurs by (015) 296 2119.




