Bosveld NewsNews
MOENIE MISLOOP NIE! Wildsfees 18 Sept
WIldfees bied laaste kuier saam skoolhoof, Jas Hansen.
MOKOPANE – Murgsagte eland vanaf die spit en heerlike bykosse wag vir diegene wie vanjaar Hoërskool Piet Potgieter se gewilde Wildsfees op Vrydag, 18 September, gaan bywoon.
Kom kuier ook vir die laaste keer gesellig saam met die skoolhoof, Jas Hansen, wie in November die leisels na ‘n lang loopbaan in die onderwys neerlê.
Watertand wildsprodukte sal by die fees gekoop kan word, soos droëwors, biltong en wildswors en ‘n kontantkroeg sal feesgangers se dors les. Die fees is slegs vir volwassenes en geen kinders sal toegelaat word nie.
Ingang kos R120 per persoon en kaartjies is beskikbaar by Michelle Buitendag by die skoolkantoor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




