Bosveld NewsNews

Deesdae is dit makliker om geld in buiteland te belê

andeesweek kyk ons na die vernaamste goeie redes om van jou geld ook buite Suid-Afrika te belê.

Vandeesweek kyk ons na die vernaamste goeie redes om van jou geld ook buite Suid-Afrika te belê.

Dit sluit in:

· Verlaagde risiko deur minder blootstelling aan ontwikkelende markte en geldeenhede.

· Die behoud van geldeenhede wat daadwerklike bestedingskrag het.

· Diversifikasie – groter geografiese verspreiding van beleggingskapitaal.

Die maniere om dit te doen:

· ‘n Maklike manier is om in ‘n effektetrust te belê wat buitelandse bates hou. Jy kies bloot ‘n fondsbestuurder wie die tyd, ondervinding en toegang tot markinligting het om namens jou in die buiteland deur middel van ‘n effektetrust te belê. ‘n Multi-batebestuurder of gebalanseerde fonds mag volgens wet tot 25% in buitelandse bates hou.

· Jy kan ook in ‘n rand-gedenomineerde internasionale fonds belê deur jou persoonlike buitelandse toewysing te gebruik en dan belê jy in rand. As jy die belegging stop word jy weer in rand uitbetaal. Jou verskansing lê dus in die groei in buitelandse bates, maar indien die rand oor die beleggingstermyn devalueer kry jy ook die voordeel daarvan.·

Derdens kan jy direk in ‘n buitelandse fonds belê wat deur die Raad op Finansiële Dienste goedgekeur is. Jy belê dus in dollar, pond of euro. Jy voltooi die fonds se aansoekvorm en gee jou bank opdrag om die geld in die fonds se buitelandse rekening in te betaal.

As jy die belegging stop word jy nie in rand betaal nie, maar in die betrokke geldeenheid.

‘n Mens kan tot R1 miljoen jaarliks in so fonds belê sonder om vooraf goedkeuring van die Reserwebank te verkry. Jy het ook maklik toegang tot sulke geld waar dit in die verlede veel moeiliker was.

Jy kan nou tot R10 miljoen oorsee belê, maar goedkeuring en prosedures word vereis.

Jou keuse moet egter altyd op jou persoonlike omstandighede, risikoprofiel en langtermyndoelwitte gegrond word. En soos altyd in hierdie soort sake is dit wys om profesionele advies te kry.

Tot volgende keer,

Groetnis,

Koos de Wet

* Koos de Wet is ‘n finansiële beplanner by PSG en lid van die Fidusiêre Instituut van Suid-Afrika. Kontak hom by 015 491 2020 of 082 881 4672 of by psgk@mweb.co.za.

Related Articles

Back to top button