Noodforum reik uit na minderbevoorregtes
Dit is nie nodig vir enigeen in die gemeenskap om swaar te kry nie, danksy die helpende hand wat die Mokopane Noodforum uitsteek na talle hulpbehoewende gesinne, sê Eulogia de Wet, maatskaplikewerker van die forum.
MOKOPANE – Dit is nie nodig vir enigeen in die gemeenskap om swaar te kry nie, danksy die helpende hand wat die Mokopane Noodforum uitsteek na talle hulpbehoewende gesinne, sê Eulogia de Wet, maatskaplikewerker van die forum.
Die forum het ‘n program waar hul met veral tieners wat met die gereg gebots het werk om aan hulle nuwe betekenis in hul lewensbestaan te gee en weg te lei van kriminele gedrag.
“Ons loots bewusmakings-programme en help nuwe projekte van die grond af. Tans is die forum betrokke in Makapansvallei met ‘n kleuterskool nadat daar ‘n behoefte bepaling daarvoor was deur twee Unisa studente wat hul finale praktiesejaar by die forum gedoen het.”
Die Noodforum het twee maatskaplikewerkers en baie vrywilligers wat regstaan om armoede te bekamp.
“Dit is vir die personeel van die Mokopane Noodforum ‘n groot voorreg om in diens van ons medemens te staan en elke dag ‘n verskil in iemand se lewe te maak, al is dit net een persoon op ‘n slag.
“Ons lewer die normale generiese maatskaplike dienste wat beteken ons doen gevalle-, groeps- en gemeenskapswerk. Ons doen pleegsorgplasings, verwys persone vir sielkundige berading en asseserings en is baie keer net daar om vir iemand ‘n skouer te wees om op te huil. ”
Die forum het ‘n program waar hul met veral tieners wat met die gereg gebots het werk om aan hulle nuwe betekenis in hul lewensbestaan te gee en weg te lei van kriminele gedrag.
“Ons loots bewusmakings-programme en help nuwe projekte van die grond af. Tans is die forum betrokke in Makapansvallei met ‘n kleuterskool nadat daar ‘n behoefte bepaling daarvoor was deur twee Unisa studente wat hul finale praktiesejaar by die forum gedoen het.”
Eulogia vertel ‘n baie belangrike deel van die forum se werk is die opheffing van minderbevoorregtes in ons gemeenskap. “Ons deel vars kospakkies uit op Dinsdae en Donderdae elke week van die maand en twee keer per maand op ‘n Woensdag, kruideniersware.”
Behalwe die skenkings wat van Pick n Pay, Woolworths, Checkers, Nedan Oil, National Proteïen , Kingdom Milling en mense in die gemeenskap ontvang word, koop die forum sowat R7 000 se voedsel per maand aan om te voorsien in die behoefte wat daar is.
“In Augustus kon ons sowat 159 gesinne help met kospakkies. Die prosedure om te kwalifiseer is aanmelding by ons kantoor, registrasie op ‘n gemeenskapskaart en mense moet dan elke keer wanneer hulle kom vir ‘n kospakkie hul ID en gemeenskapskaart saam bring en dit word aangeteken wanneer hulle gehelp word. Ons vra ook dat elke keer wat ‘n kospakkie afgehaal word dat dat herwinnings materiaal ingesamel en saamgebring word. Vir elke swartsak word daar dan ‘n kredietpunt gegee waarvolgens diegene wat pakkies ontvang ekstra produkte by hul normale pakkie kry. Hierdie dien as aansporing om iets te doen vir dit wat ontvang word.”
Vars pakkies bestaan uit brood, melk, broodrolletjies, vrugte en groente. Die Noodforum het ook ‘n pragtige groentetuin waar van die hulpbehoewendes self elke Dinsdag en Donderdag werk, alvorens die kos uitgedeel word. Die groentetuin is tans onder die toesig van ‘n vrywilliger, Ansie Potgieter wat sorg dat als daar klopdisselboom gaan.
Nylkwekery het die vrugtebome vir die tuin geskenk en Dalene Pelser het gesorg vir gereedskap, kunsmis en plante. Dei Mokopane Noodforum het ‘n geweldige groot klerebank danksy die gemeenskap se hulp. Klere kan by die Noodforum afgelaai word of gedeponeer word in die mandjie in die Mokopane Mall.
“Hierdie klere word geskenk aan persone wat nie kan bekostig om te koop nie. Ons verkoop ook tweedehandse klere en skenk baie van die klere vir sending uitreike en ander organisasie nodig het,” sê Eulogia.
Die noodforum hou ook gereeld fondsinsamelings om maandelikse uitgawes te dek. “Ons verpak en verkoop van die groente. Groente vir vriesdoeleindes kos R25.00 per kg ons verkoop ook vars groente uit die tuin teen R10 per bossie. Verder word daar van tyd tot tyd jaffels, kerrie en rys en vetkoeke verkoop om fondse aan te vul.
Eulogia sê die forum het heelwat mense uit die sakesektor en gemeenskap wat vleis en ander bestandele skenk om te help “en daarvoor wil ons ook ons dank uitspreek.” Enige donasie is meer as welkom.




