Bosveld NewsNews

Elma’s se koeksisters lekkerste in Lim

Elma Rademeyer (63) is 'n bobaasbakster van Sterkrivier en haar soetsappige koeksisters het vir haar 'n plek in die finaal van die Solidariteit Helpende Hand se Stoofstories Koeksisterkompetisie verwerf.

MOKOPANE – Elma Rademeyer (63), ‘n bobaasbakster van Sterkrivier ,is een van agt finaliste deur na die finaal van die Solidariteit Helpende Hand se Stoofstories Koeksisterkompetisie.

Haar soetsappige koeksisterwenresep, wat sy by haar ma geërf het, is vandag ‘n staatsgeheim en met goeie rede. Sy was vir 35 jaar die eienaar van die gewilde Potgietersrus tuisnywerheid en vandag is haar koeksisters steeds ‘n gunsteling in die gemeenskap.

Deesdae bak die koeksisterlegende slegs op bestelling, maar haar bestellings beloop steeds meer as 120 dosyn per maand. Stoofstories het in Mei vanjaar die kompetisie geloots opsoek na die land se beste koeksisters.

“Dit is die koeksisters wat jou tong verras en die tonge laat klap van lekkerte,” lees die inskrywing op Stoofstories se webblad.

Na talle uitdunrondes van regoor die land is die top agt finaliste gekies waarvan Rademeyer een is.

Die finaliste gaan Saterdag, 3 Oktober vir die laaste keer die kans kry om die beoordeelaars van die Vroue Landbou-Unie by die Hazelwood Food Market in Pretoria met hulle koeksisters te betower voordat die wenner om 12:00 aangekondig word.

 

Lees meer in Bosveld Review

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button