Bosveld NewsNews

Wêreldbekerrugbykoors loop nou éérs hoog

Bosveld praat met drie bekende rugbygeesdriftiges oor die Rugbywêreldbeker.

MOKOPANE – Rugbykoors loop hoog in die Bosveld na die Springbokke se skitteroorwinning teen Samoa verlede Saterdag in die Rugbywêreldbeker en rugbygeesdriftiges is dit eens dat die Bokke hulself vinnig reggeruk het na hul skoknederlaag teen Japan en nou met ‘n plan speel om te wen.

Bosveld praat met drie bekende rugbygeesdriftiges oor die Rugbywêreldbeker: 

Ernst Kruger, rugbygeesdriftige van Mokopane

“Die Springbokke se nederlaag teen Japan het hulle eintlik net goed gedoen. Suid-Afrika se sportspanne moet maar altyd eers ‘n dwarsklap kry om te besef hulle het die potensiaal om te wen.”

Hy voorspel dat dit ‘n stryd tussen die All Blacks, die Wallabies en die Bokke gaan wees om die Rugbywêreldbeker vanjaar te wen.

Douw Oosthuizen, afrigter van die eersterugbyspan van Hoërskool Piet Potgieter

“Die Springbokke speel nou met ‘n plan en as hulle so kan voortgaan is daar goeie hoop.”

“Hulle het nie doelloos gespeel soos teen Japan nie en ook die skrums en lynstane gewen.”

“Die kompetisie raak nou sterker en die Bokke sal Saterdag teen Skotland als moet insit.”

Attie Snyman, rugby-organiseerder van die Hansieweek op Mookgophong

 

 

‘Die Bokke sal harder moet werk en met elke wedstryd beter moet speel. Die groot probleem teen Japan was verkeerde spankeuse en dit is nou reggestel.”

“Die Bokke kan hulself gelukkig ag dat hulle nie elke week teen ‘n sterk span speel nie. Na die komende stryd teen die gedugte span van Skotland pak die Bokke die span van Amerika.”

 

Hulle het baie meer te sê gehad, lees meer in Bosveld Review

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button