Bosveld NewsNews

Matrieks pronk en kuier by afskeid se “Midnight Carnival”

Stylvol, glansryk en onvergeetlik is in kort 'n opsomming van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se "Midnight Carnival" matriekafskeid verlede Woensdagaand.

MOKOPANE – Stylvol, glansryk en onvergeetlik is in kort ‘n opsomming van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se “Midnight Carnival” matriekafskeid verlede Woensdagaand waar die seuns hul oomblik in die kollig agter die stuur van ‘n droom motor kon uitleef en die meisies die aandag in hul elegante aandrokke op die rooi tapyt geniet het. Familie en vriende het met groot opgewondenheid die glanspare ingewag met kameras reg om dié oomblik vir ewig vas te vang. Die aand het bygedra tot vele hoogtepunte en soete herinneringe vir die matrieks van 2015, asook vir skoolhoof Jas Hansen wat saam met die gr. 12’s vanjaar die skool vir ‘n nuwe lewenshoofstuk verlaat.

“Dit voel soos gister wat hierdie groep leerders as groentjies vir die eerste keer in 2010 deur HPP se hekke gestap het en oor die vyf jaar het elkeen duidelik hul stempel op verskillende gebiede by die skool afgedruk. Dit is waarlik ‘n voorreg om saam met hulle te kon skryf aan hul hoërskoolhoofstuk. Die eindeksamen lê nou voor en ons groet hierdie groep met groot verwagtinge vir die toekoms,” het Hansen gesê.

Sien meer foto’s

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button