Bosveld NewsNews

Twee geliefde inwoners sterf in botsing net buite Roedtan

Frikkie Meyer (57), sy hond, Lucky, en Pieter De Beer (51), het Saterdagaand sowat 10 km buite Roedtan verongeluk.

MOKOPANE – Frikkie Meyer (57), sy hond, Lucky, en Pieter De Beer (51), het Saterdagaand sowat 10 km buite Roedtan verongeluk.

Meyer en De Beer (bekend as Pote) was op pad terug na Mokopane vanaf ‘n rugby-reünie in Groblersdal toe Meyer buite Roedtan beheer oor sy voertuig verloor het.

Volgens kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder van Limpopo, word vermoed dat ‘n band gebars het en dat Meyer toe beheer oor die voertuig verloor het. ” ‘n Volledige ondersoek word tans gedoen”.

De Beer se roudiens vind vandag (Vrydag) om 11:00 vanaf die Nederduitsch Hervormde Kerk op Groblersdal plaas en Meyer se begrafnis vind vandag (Vrydag) om 12:00 vanaf hul kleinhoewe (plot 36) plaas.

 

Boveld het met die familielede en vriende van altwee die manne gepraat. Lees meer in Bosveld Review

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button