Bosveld NewsLocal NewsNews

Heftige boetes vir grondeienaars wat onwettig brand

Die Mogalakwena Brandweerstasie doen 'n beroep op alle grondeienaars om geen terugbrand, brandpad of voorbrand in die rooiseisoen te maak sonder die toestemming van die brandweerpersoneellid in bevel op die toneel nie.

MOKOPANE – Die Mogalakwena Brandweerstasie doen ‘n beroep op alle grondeienaars om geen terugbrand, brandpad of voorbrand in die rooiseisoen te maak sonder die toestemming van die brandweerpersoneellid in bevel op die toneel nie.

“Heftige boetes sal uitgereik word as die skuldige geidentifiseer word en hulle sal verantwoordelik gehou word vir alle eise wat ingesit word vanaf naburige plase of persele.”

Die waarskuwing is uitgereik nadat die Mogalakwena Brandweerstasie, Valke Buurtwag en Arend Bergwag verskeie brande in die Planknek-omgewing onder beheer gebring en geblus het.

“‘n Brand het verlede Dinsdag op drie verskillende plekke in die Planknek-omgewing weens erge weerlig begin woed en is teen 21:00 onder beheer gebring. Die volgende oggend om 10:00 het ‘n brand in die Maribashoek-omgewing hoog opgevlam vermoedelik weens ‘n stomp of ‘n boom wat oor die brandlyn in die Planknek-omgewing geval het en die dorre veld aan die brand gesteek het,” sê Tobie van Deventer, stasie-offisier van brandvoorkoming.

“Ondervinding het ons geleer dat die vlamme stadig oor die berg gaan hol, want die wind is teen die vlamme en dus gee dit ons die kans om al die kleinhoewes in die omgewing een vir een te beskerm. Ons planne is in die wiele gery toe ‘n inwoner van een van die kleinhoewes omstreeks 18:00 besluit om ‘n voorbrand agter sy huis te maak in ‘n poging om sy eiendom te red. Hierdie aksie het gelei tot ‘n negatiewe reaksie met die vuur wat toe in twee verskillende rigtings hardloop en vier huise onmiddellik in gevaar gestel het. Gelukkig het ons oor genoeg mannekrag beskik om al die huise te beskerm en nadat ons ‘n voorbrand reg rondom die berg by die Wildteelsentrum gemaak het, het ons die vlamme finaal Donderdagoggend gesmoor.”

Van Deventer sê ‘n brand het daarna by die Wildteelsentrum ontstaan weens die vonke wat deur ‘n trein op die spoor veroorsaak is, maar danksy die vinnige optrede van die Buurtwag, Working on Fire en lede van die sentrum is die vuur binne ‘n uur geblus.

“Al skade wat gelei is weens die verwoestende vlamme is die verlies van weiding. Dit kon soveel erger gewees het.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button