Bosveld NewsNews

VF+ neem aksie, reik uit na Mokopane se bejaardes

Die Vryheidsfront Plus (VF+) gee om vir die land se bejaardes en daar kan 'n verskil gemaak word as die party en die DA 'n koalisie vorm.

MOKOPANE – Die Vryheidsfront Plus (VF+) gee om vir die land se bejaardes en daar kan ‘n verskil gemaak word as die party en die DA ‘n koalisie vorm.

Dit kan egter slegs geskied as die VF+ se voorwaardes nagekom word en daar ook opgestaan word vir die minderheidsgroepe.

Dit was die boodskap van adv. Anton Alberts, die VF+ se parlementêre woordvoerder oor vervoer terwyl hy Maandag saam met Marcelle Maritz, Limpopo se organiseerder van die VF +, deur die dorp getoer en by verskeie instansies die senior inwoners van die gemeenskap toegespreek het.

Alberts het onder meer met die bejaardes gepraat oor die R80 miljard hofsaak wat sy party tans teen Transnet Pensioenfonds ten bate van die Transnet-pensioenarisse veg en het genoem dat dit gedurende hierdie ondersoek is wat die party ontdek het dat pensioenarisse in ons land vreeslik swaar kry.

“Die VF+ het ingespring en verskeie skenkings aan pensioenarisse gedoen in ‘n poging om hul las te verlig. Danksy die VF+ se fokus-beleid hoef pensioenarisse vanaf die ouderdom van 70 in die Johannesburgstreek geen belasting op eiendom te betaal nie.

“Die steun van die ANC is besig om drasties te daal, opposisie oorwinning lê in die koalisie van partye. As ons die onderlangse gevegte tussen die DA en die VF+ kan los en kan leer om saam te staan, kan ons waarlik ‘n verskil maak, maar die VF+ sal dit slegs volgens sy voorwaardes doen en altyd opstaan vir die minderheidsgroepe se belange,” sê Alberts.

Alberts het kragtig afgesluit deur te sê, die VF+ het 100% vertroue in Maritz en haar goeie dade in die gemeenskap spreek boekdele. “Sy het ‘n hart vir die gemeenskap en solank as wat hy klop sal sy die gemeenskap nooit versaak nie.”

Maritz het Alberts se woorde beaam en afgesluit deur te sê: “Ek is trots op my taal, my kultuur en my geloof en saam met die VF+ staan ons op vir die minderheidsgroepe se regte in ons land. Ek hoef nie myself bekend te stel aan die gemeenskap nie, julle ken my hart en weet dat my woorde tot aksie lei.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button