Bosveld NewsNews

Na kankerstryd kort Koos nou geldhulp

"Al die kliere, 'n gedeelte van sy verhemelte en wangbeen is in Augustus 2014 verwyder waarna hy bestraling en chemo ondergaan het."

MOKOPANE – “Kanker het in April verlede jaar soos ‘n dief in die nag in ons lewens ingesluip en my kleinboet beroof van die kliere aan die linkerkant van sy gesig, ‘n gedeelte van sy verhemelte en ‘n stuk van sy wangbeen. Na talle pynvolle operasies, chemoterapie en bestraling is hierdie “dief” nou agter tralies en my broer in remissie, maar pyn is steeds ‘n daaglikse realiteit en ek is moeg om magteloos te sit en toekyk. Ek vra vir hulp!”

Hierdie is die aangrypende hulpkreet van Martie de Beer nadat haar broer, Koos (51), vir langer as ‘n jaar slegs vloeistowwe kon inneem en vandag steeds afhanklik is van buisvoeding.

Koos is in April verlede jaar met kanker gediagnoseer nadat die kliere aan die linkerkant van sy gesig geswel en toetse bevestig het dat dit kwaadaardig was. “Al die kliere, ‘n gedeelte van sy verhemelte en wangbeen is in Augustus 2014 verwyder waarna hy bestraling en chemo ondergaan het.

“Na die operasie kon hy vir ‘n jaar nie sy mond behoorlik oopmaak nie en het slegs van vloeistowwe gelewe. Ek is eerlik wanneer ek sê, ek het hom nog nooit hoor kla nie,” vertel Martie.

Volgens haar is Koos weer op 12 Augustus vanjaar in die hospital opgeneem vir herkonstruksie van sy gesig, maar na ‘n 16-uur lange operasie was dit onsuksesvol en die dokters het besluit hy is te swak om hom weer te verdoof.

Die wond is tydelik met mediese pleister verbind, wat elke tweede dag by die Wondkliniek skoongemaak moet word. Sedert die operasie in Augustus is hy afhanklik van buisvoeding en moet hy vir die volgende twee maande tuis aansterk voor sy volgende opersasie. Ondanks al dié terugslae, veg hy positief voort.

“Ons is waarlik dankbaar dat hy die kanker oorwin het en vir die “engel” wie na Koos kyk.

As sy ousus voel ek magteloos en daarom vra ek nederig vir enige donasie wat kan help om die finansiële las te verlig.”

Donasies kan in die Le Roux Trustrekening inbetaal word.

Die besonderhede is:

Standard Bank, rekeningnommer 330055313

takkode: 052548 met die verwysing SB0247.

Vir verdere inligting kontak Martie by 082 824 8915.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button