Bosveld NewsNews

Pelzer gaan haar goeie werk steeds voortsit sonder hulp van die DA

Sy is baie teleurgesteld dat sy onsuksesvol was in haar aansoek as DA kandidaatraadslid vir wyk 32, sê Delene Pelzer.

MOKOPANE – Sy is baie teleurgesteld dat sy onsuksesvol was in haar aansoek as DA kandidaatraadslid vir wyk 32, sê Delene Pelzer.

Pelzer is verlede jaar deur Beyers Smit, DA parlementslid van Mokopane, en Marcelle Maritz genader om as aspirant DA kandidaatraadslid vir wyk 32 te staan. Sy het toe vanaf September verlede jaar volstoom aan die werk gespring en betrokke geraak by projekte en gemeenskapsdiens in hierdie wyk. Sy het onder meer gehelp om ‘n nuwe groentetuin by die Mokopane Noodforum aan te lê en ook om die inwoners van Herfsland te ondersteun met projekte daar.

‘n Herrie het egter daarna tussen Smit en Maritz losgebars toe Maritz nie te vinde was dat Pelzer in haar wyk kandidaat sou wees in die 2016 verkiesing nie. Maritz het toe te kenne gegee sy is gelukkig in wyk 32 waar sy reeds ‘n kiesersbasis het. Maritz en Smit se verhouding het verder verbrokkel en sy het onlangs besluit om oor te loop na die Vryheidsfront Plus (VF+).

Vandeesweek wou van die inwoners in wyk 32 by Bosveld weet wat het geword van Pelzer na haar harde werk en daarop gewys dat Yolandé Coetzee, die nuut aangestelde DA kandidaatraadslid vir die wyk, nie alombekend is aan die inwoners nie.

Pelzer het aan Bosveld gesê sy het haar voorlegging voor ‘n paneel van die DA gedoen en is daarna telefonies ingelig sy was nie suksesvol nie. Die paneel het bestaan uit Smit en drie ander DA raadslede.

“Ek is baie teleurgesteld. Ek het reeds my bedanking by Smit ingedien. Ek gaan egter steeds vir die party stem en sal in my persoonlike hoedanigheid voortgaan om goeie gemeenskapdiens op die dorp te doen.”

Smit het aan Bosveld bevestig dat Pelzer onsuksesvol was.

Hy meen dit is duidelik gestel dat ‘n paneel onderhoude sal voer met die kandidate vir die vul van die posisie.

Hy het Pelzer se bedankingsbrief ontvang, maar nog nie tyd gehad om behoorlik daarna te kyk nie.

Maritz sê sy is gelukkig in haar nuwe party. Sy is nou die Limpopo organiseerder van die VF+ en gaan ook op 11 November in die tussenverkiesing in wyk 32 teen Coetzee staan.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button