Sasol Bendor staan bankvas agter Springbokke
Sasol Bendor se personeel is trotse ondersteuners van Bok-Vrydag en het Vrydag met splinternuwe Springbok-truie gespog wat hulle spesiaal vir die Rugbywêreldbekertoernooi aangeskaf het. Johan Potgieter, eienaar sê dat hulle besluit het om trots deel te neem aan Bok-Vrydag en ook die groen en goud oor hul koppe te trek. Hy sê dat Sasol Bendor …
Sasol Bendor se personeel is trotse ondersteuners van Bok-Vrydag en het Vrydag met splinternuwe Springbok-truie gespog wat hulle spesiaal vir die Rugbywêreldbekertoernooi aangeskaf het.
Johan Potgieter, eienaar sê dat hulle besluit het om trots deel te neem aan Bok-Vrydag en ook die groen en goud oor hul koppe te trek. Hy sê dat Sasol Bendor 100% agter die Springbokke staan en dat dit nie belangrik is hoe ‘n mens begin nie, maar hoe jy klaarmaak.
“Alhoewel die Bokke nie so ‘n goeie begin gehad het nie, glo en vertrou ons dat die span Suid-Afrika trots sal maak,” sê Potgieter.
Kliënte van Sasol Bendor sal Vrydae dienslewering van petroljoggies en winkelpersoneel in groen en goud kry.
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com


Sasol Bendor se petroljoggies in hulle groen en goud is Johannes Mojela en Joseph Jile. Agter is Ezzy Khosa, Wilson Romotsela en Tavin Hlungwani.



