Bosveld NewsCrimeNews
Noodforum deur boewe geplunder
Booswigte het verlede Vrydagoggend by die Mokopane Noodforum ingebreek en 'n rekenaar, klere en tuingereedskap gebuit voordat hulle op die vlug geslaan het.
MOKOPANE – Booswigte het verlede Vrydagoggend by die Mokopane Noodforum ingebreek en ‘n rekenaar, klere en tuingereedskap gebuit voordat hulle op die vlug geslaan het.
Eulogia de Wet, maatskaplike werker van die Noodforum, sê die diewe het om 02:30 ‘n venster aan die voorkant gebreek en die diefwering verwyder. “Die alarm het kort daarna in die huis afgegaan en hulle was genoodsaak om te vlug. Die polisie, Suricat en die Valke-buurtwag was binne minute op die toneel. ”
Die nuwe tuingereedskap, kruiwa en gifspuitbottel is uit ‘n toegesluite stoor gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




