Bosveld NewsNews
“2016 gaan dié jaar vir Piet Pot wees,” sê nuwe hoofleiers
“2016 gaan nie net nog ‘n jaar wees nie. Met ‘n ongelooflike leierspan puik onderwysers en top leerders, gaan dit dié jaar vir Hoërskool Piet Potgieter wees!” Hierdie is die motiverende woorde van Marnus Uys en Gaby Nel nadat hulle verlede Woensdagaand tydens HPP se prestige Lourierfunksie, as hoofseun en hoofmeisie trots deur skoolhoof Jas …
“2016 gaan nie net nog ‘n jaar wees nie.
Met ‘n ongelooflike leierspan puik onderwysers en top leerders, gaan dit dié jaar vir Hoërskool Piet Potgieter wees!”
Hierdie is die motiverende woorde van Marnus Uys en Gaby Nel nadat hulle verlede Woensdagaand tydens HPP se prestige Lourierfunksie, as hoofseun en hoofmeisie trots deur skoolhoof Jas Hansen bekendgestel is.
Lourens Kruger en Monique de Sousa is as onderhoofseun en onderhoofmeisie aangewys en dit is duidelik dat die hoofleiers reeds ‘n gedugte span vorm.
“Die hoofleiers is blinkoog kinders wat die leerders van 2016 trots gaan lei,” sê Hansen.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




