Bosveld NewsNews

Hansen trap diep spore vir nageslag

"DIE hoof van Hoërskool Piet Potgieter, mnr. Jas Hansen, tree op 30 November 2015 uit diens van die onderwys."

“DIE hoof van Hoërskool Piet Potgieter, mnr. Jas Hansen, tree op 30 November 2015 uit diens van die onderwys.

Mnr. Hansen het sy onderwysloopbaan by die Hoërskool Kuschke in 1975 begin en is sedert 1978 verbonde aan Hoërskool Piet Potgieter. Mnr. Hansen is hier bevorder tot departementshoof en later adjunkhoof. In 2005 is hy aangestel as skoolhoof van Piet Potgieter.

Hier by Piet Potgieter het mnr. Hansen met alle aspekte van die skoollewe te doen gekry. Hy het verskeie kultuuraktiwiteite afgerig en georganiseer. Hy het ook al die sportsoorte afgerig en georganiseer. Hy het op vele akademiese komitees gedien en leiding geneem met die nasien van die nasionale senior sertifikaat-eksamens, oor baie jare.

Mnr. Hansen is ‘n onderwysman in murg en been. Hy het die harte van duisende kinders en onderwysers en ouers aangeraak en is oral geliefd. Vir die personeel is hy mentor, raadgewer, motiveerder, vertroueling en vriend. Vir die leerders is hy meester en vader.

Onder sy leiding het Piet Potgieter uitstekende welslae behaal en het die skool gegroei tot ‘n dinamiese gerespekteerde bastion in die samelewing.

Mnr. Hansen sal ‘n groot leemte in die onderwys en in ons dorp laat, maar sy nalatenskap is diep en laat duidelike voetspore wat die nageslag net hoef te volg.

Ek wens u ‘n wonderlike nuwe lewensreis toe.”

Cas Badenhorst, adjunkhoof.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button