Bosveld NewsNews

Hoof het skool se waardes gelééf

“BAIE dankie vir die wonderlike leier wat u is. U het ons skool se waardes uitgeleef deur lojaliteit aan leerders en personeel te toon en daar was empatie vir elke persoon met ‘n probleem. Met integriteit het u gewys u is ‘n man uit een stuk en met excellence het u uitnemendheid nagestreef. Almal wie …

“BAIE dankie vir die wonderlike leier wat u is.

U het ons skool se waardes uitgeleef deur lojaliteit aan leerders en personeel te toon en daar was empatie vir elke persoon met ‘n probleem. Met integriteit het u gewys u is ‘n man uit een stuk en met excellence het u uitnemendheid nagestreef.

Almal wie met u te doen gekry het respekteer u liefde, nederigheid en entoesiasme.

U het ook elke kind en volwassene met respek behandel.

U nalatenskap is die liefde vir kinders wat nodig was om hulle volle potensiaal te ontsluit.

Geniet die aftrede en mag die Here u seën.”

HPP personeel en mnr. Hansen se “blinkoogkinders”.

‘One sal sy groot gees mis’
“Wat ‘n voorreg om vanaf 2008 saam met mnr. Jas Hansen te kon werk. Hy is ‘n ware voorbeeld van ‘n trotse Pottie!

Dit is met groot hartseer wat ek afskeid moet neem van hom. Hy was vir my soos ‘n vaderfiguur en wanneer dit partykeer vir my gevoel het of ek op ‘n baie donker plek in my lewe was, het hy my bemoedig en weer ‘n silwerrandjie om die donker wolk gebring.

Hy is ‘n besonderse mens wat ‘n groot leemte in ons skool gaan laat. Min mense weet dat hy elke oggend tydens die opening van die personeel ‘n positiewe boodskap vir elkeen van ons gee vir die dag wat voorlê.

Die kinders se belange is vir hom van uiterste belang. Hy glo dat onderwysers ‘n groot verskil in enige kind se lewe kan maak. Elke kind by hierdie skool is vir hom ‘n blinkoogkind.

Mnr. Hansen, ek salueer jou vir die uitsonderlike hoof wie jy is en mag jy elke oomblik van jou aftrede baie geniet.”

Michelle Buitendag is die persoonlike assistent van Jas Hansen en skakelbeampte van Hoërskool Piet Potgieter.

Michelle Buitendag is Jas Hansen se regterhand in die kantoor.
Michelle Buitendag is Jas Hansen se regterhand in die kantoor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button