Mahindra XUV 500 tydens spogaand bekendsgestel
MGM Motors het verlede Donderdagaand tydens 'n swierige funksie hulle splinternuwe Mahindra XUV 500 aan byna 100 motorliefhebbers bekendgestel.
MGM Motors het verlede Donderdagaand tydens ‘n swierige funksie hulle splinternuwe Mahindra XUV 500 aan byna 100 motorliefhebbers bekendgestel.
Daar was heerlik gesmul aan peuselhappies terwyl die kliënte Mahindra se spog voertuie van nader kon beskou.
Thinus van Schalkwyk, verkoopsbestuurder, het die gaste meer vertel van Mahindra se ontstaan en die voertuig se sukses tot op hede, waarna daar na ‘n kort film rakende die XUV 500 (New Age) se unieke kenmerke gekyk is.
Bennie Oosthuizen, handelaarshoof, het die gaste se aandag op die 31 knap verbeteringe van die Mahindra XUV 500 (New Age) gevestig, wat dié voertuig ‘n top presteerder in sy klas maak.
Die bekende gesegde lees, ‘the proof is in the pudding’ en met die XUV 500 wat in die vertoonlokaal gepronk het, het meeste van die kliënte dadelik begin begroot.
Die geleentheid het op ‘n hoë noot afgesluit met MGM Motors wat twee van hulle lojale kliënte, Heinrich Els, en Johney Croukamp, se sleutels van hulle splinternuwe Mahindra’s oorhandig het.
Van Schalkwyk bedank al hulle gewaardeerde kliënte wat die suksesvolle aand bygewoon het en in besonder vir Casper en Leonie Vorster, eienaars van MGM Motors, vir hulle bydrae en ondersteuning.




