Bosveld NewsNews

‘Saam kan ons misdaad bekamp’

Die Vryheidsfront Plus (VF+) in Limpopo het 'n vergadering met die polisie, buurtwagte en sekuriteitsmaatskappye op Dinsdagoggend gehou

“DIE Vryheidsfront Plus (VF+) gaan ‘n versoek aan die nasionale polisiekommissaris in Limpopo rig om weer reserviste aan te stel om só die plaaslike polisiestasies te help in hul stryd teen misdaad.”

Dit was die boodskap van Marcelle Maritz, hooforganiseerder van die VF+ in Limpopo en kandidaat vir wyk 32, Dinsdagoggend tydens ‘n vergadering met die polisie, buurtwagte en sekuriteitsmaatskappye rakende die stygende misdaadsyfer.

Maritz sê sy is baie bekommerd oor die misdaadsyfer wat opwaarts neig en met die komende Feesseisoen, is die verwagting dat die syfers verder kan styg.

Die vergadering in die polisiestasie is bygewoon deur die waarnemende stasiekommissaris, luit-kol. Alex Malebane, lede van Suricat sekuriteit, Percy Fyfe gemeenskapsvereniging, Arend Bergwag, Spoorsnyers, SOS sekuriteit, Rooikatte buurtwag, boere en kleinhoewe-eienaars.

“Buurtwag en sekuriteitlede is bekommerd oor die polisie wat sukkel om misdaad in toom te hou. Dit is daarom dat die polisie en sekuriteitsmaatskappye hande moet vat om die gemeenskap veilig te hou,” lees ‘n mediaverklaring van Maritz.

Sy het ook ‘n beroep op belangegroepe gedoen om die volgende polisie forum vergadering op 11 Desember om 10:00 by die Protea Park Hotel by te woon.

“Saam kan ons ‘n verskil maak, maar ons het die hele gemeenskap se samewerking nodig om misdaad te bekamp,” sê Maritz.

Mense wat dringend polisie hulp nodig het en nie geholpe raak met die landlyn nommer nie, kan gerus 10111 skakel of die polisie bystand nommer 081 505 9340.

 

 

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button