Bosveld NewsNews

Open letter to ward 32 candidates

BOSVELDPRAATJIES: With the 2011 municipal election I penned an open letter in Bosveld to all the candidates in ward 32 whose posters festooned every post and tree, asking a number of very pertinent and direct questions.

“With the 2011 municipal election I penned an open letter in Bosveld to all the candidates in ward 32 whose posters festooned every post and tree, asking a number of very pertinent and direct questions.

Being apolitical at that time, I basically stated that my vote was up for grabs for any candidate who could convince me on merit to vote for him or her. To his credit only the FF+ candidate contacted me, leaving me to make my own decision w.r.t. the other candidates and/or political parties.

The trees and lampposts are again lit up like Christmas trees in a colourful hue of posters for the by-election on 18 November. This time around it is an all female cast of candidates and I would once again like to put pertinent questions that worries me, to every candidate.

Starting with Morongoa Jane Kekana from the ANC, whose posters simply state “Vote ANC”. My question is a simple one. “Why?”. If I look at the chaotic situation at our municipality for the better part of the past year, the money that was needlessly wasted and cadres who are not being held accountable, I shudder to think that someone of possible similar ilk whose sole purpose would possibly be to perpetuate that situation for as long as possible, can be elected to represent me in council.

But I will make it easy for you. Just publicly state your viewpoint on a number of current and very contentious issues. Do you support your president in his statement that the ANC as a political party is more important than South Africa? If you do, then he is your ANC president, not my South African president. Secondly, do you support the acquisition of a presidential aeroplane for Jacob Zuma at a cost of R4 000 000 000, which is roughly double what it will cost to provide free university education to all current university students.

Lastly, will you support any motion in council that holds individual politicians and/or deployed members of the ANC accountable for fruitless, waste full, unauthorised, and/or irregular expenditure? Careful what you answer, because for the years 2012/13 and 2013/14 this amounted to R244 066 531 for Mogalakwena Municipality, according to figures distributed for the last council meeting.

Beide die VF+ en DA kandidate woel dat dit bars in die wyk. As een nie die bejaardes op koek en tee trakteer nie, is die ander besig om strate skoon te maak. Lyk my tot die polisiestasie se dak het al deurgeloop. Dis wonderlik dat julle so woelig is en ‘n bydrae tot die wyk maak, des te meer omdat baie daarvan eintlik die munisipaliteit se werk is.

Ek wonder egter nou, indien een van julle twee verkies word, hoe lank gaan hierdie gewerskaf aanhou? Of gaan dit verdwyn sodra die uitslag bekend is, net om maar weer te begin in die aanloop tot 2016 se verkiesing?

Marcelle Maritz as VF+ kandidaat (voorheen DA raadslid) het met groot fanfare aangekondig dat sy nou uiteindelik haar politieke tuiste gevind het. Haar plakkate basuin dan ook luidkeels uit “Julle ken my” of woorde tot dien effek. Pasop, dit kan ‘n tweesnydende swaard word, afhangende van wie, en hoe goed, mense jou ken. Almal weet watter staatmaker werk jy in die wyk as DA raadslid gedoen het, maar ek het tog ‘n paar bekommernisse. As raadslid was jy op die burgermeester se “EXCO”. Wat het jy in daardie hoedanigheid ten opsigte van die Rm244 voorafgaande genoemde “fruitless, waste full, unauthorized, and/or irregular expenditure” gedoen, of het jy maar stilgebly? Dit was baie mooi dat jy die ANC vasgetrap het toe hulle kiesers van buite die wyk wou laat registreer, maar nou doen ‘n nare gerug die rondte dat kieser(s) van ‘n ander party dieselfde gedoen het – iets soos woon in Kameeldoringpark en registreer by ‘n werksadres in die hoofstraat in wyk 32, wat verkiesingsbedrog en ‘n kriminele oortreding is. Weet jy van so-iets, of is dit maar net verdagmakery? Almal weet as jy ‘n probleem met die munisipaliteit het, kontak vir Marcelle en jou probleem word opgelos. Wat gebeur egter die dag as Marcelle nie meer daar is nie? Sou dit nie beter gewees het om munisipale amptenare op te skerp sodat hulle die publiek se probleme self kan oplos sonder die tussenkoms van ‘n politieke figuur nie?

Die DA kandidaat is onervare in die politiek, maar dit lyk tog of Yolande Coetzee haar voete vind. My bekommernis isof jy die staal gaan hê om politieke binnegevegte in die munisipaliteit te kan hanteer. Iets wat my egter van jou kandidatuur pla, is die plaaslike uitsprake van die DA. Toe die ANC die nuutste (en hoeveelste) burgermeester aangestel het, het die DA groot gewag daarvan gemaak dat dit (weereens) iemand van buite Mogalakwena was. En daar doen die DA toe presies dieselfde. Stel jou as kandidaat vir wyk 32, terwyl jy buite die wyk woon. Was daar nie geskikte aansoeke vanuit die wyk self nie, of is die DA ook maar net besig met kader ontplooing volgens die behoeftes van iemand hoog op in die plaaslike politiek, of is hul politieke oggend- en aandpraatjies ooreenkomstig hoe dit hulle self pas?

Ek luister na julle uitsprake en lees die SMS’e. Goed soos “Hou die ANC uit jou wyk! Net Maritz kan hulle nou stop” of “Hou jou wyk DA”. Ek het gaan kyk wat die situasie met die vorige 2011 munisipale verkiesing was. Daarvolgens het die DA 59% van die stemme gekry (1 244), die ANC 27% (599) en die VF+ 9% (195). Met die algemene verkiesing van 2014 het die situasie bietjie verander. Die DA het 1 426 stemme gekry (49%), die ANC 982 (28%) en die VF+ het met 201 stemme steeds op 9% gebly. Dit sal dus maar broekskeur gaan vir laasgenoemde party om die ANC uit die wyk te hou. Indien hulle genoeg stemme by die DA kan wegtrek, kan die ANC juis die wyk wen.

Die ou politieke dilemma van Suid Afrika verdeel en laat iemand anders heers.

My beste wense gaan egter aan al drie die kandidate.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button