Bosveld NewsNews

Raadop leser vra mense om hulp met sy pos

BRIEF: Ek skryf hierdie brief in die hoop dat dit die nodige vrugte sal werp want my klagtes rakende die diens by die plaaslike poskantoor bly op dowe ore val.

Ek skryf hierdie brief in die hoop dat dit die nodige vrugte sal werp want my klagtes rakende die diens by die plaaslike poskantoor bly op dowe ore val.

Die pos word in die naaste poshokkie gedruk ongeag of dit wel die eienaar van die pos is met ‘n gevolg dat dit op die ou einde in ‘n asblik beland.

Terwyl mense wag op belangrike pos en dit nooit kry nie.

Ek het al vantevore my kommer met verskeie mense aangespreek en na talle beloftes het die situasie egter net vererger.

Ek is raadop!

Ek hoop hierdie boodskap bereik die regte lesers en dat hulle daadwerklik ‘n poging sal aanwend om die diens te verbeter.

Koos de Klerk

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button