Bosveld NewsNews

Suricat se flinke optrede verhoed inbraak

Twee verdagtes wat op 7 November deur die plafon van 'n winkel in Thabo Mbekistraat wou klim om vermoedelik die plek te beroof is deur die flinke optrede van Suricat gestuit.

MOKOPANE – Twee verdagtes wat op 7 November deur die plafon van ‘n winkel in Thabo Mbekistraat wou klim om vermoedelik die plek te beroof is deur die flinke optrede van Suricat gestuit.

Jacob Kgase, reaksieoffisier van Suricat, vertel hoe hy die aand om 20:15 na Chicken World is nadat die alarm daar afgegaan het. Met sy aankoms het hy deur die venster van die eetplek gesien hoe die plafon intuimel en besef die booswigte is nog bo in die dak besig. Hy het dadelik hulp aangevra.

Kgase sê sy mede reaksieoffisiere, Elivis Nkosi, Hennie Yeates, Eddie le Roux en Leon Hurter was vinnig op die toneel en hulle het gesien hoe twee mans bo op die dak hardloop in ‘n poging om te probeer vlug. Hulle het die mans agterna gesit en een van die verdagtes is vasgetrek en in hegtenis geneem. Hy het ‘n sak met gereedskap, ‘n balaklawa, handskoene en ‘n pet by hom gehad. Die ander verdagte is nog op vryevoet.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button