Bosveld NewsLettersNewsOpinion

Kansa se brief van dank oor fietsry-fondse

“Die jaarlikse DebtSafe Kansa MTB Bergfietstoernooi is vanjaar op 10 Oktober by Shikwaru Lodge gehou. Kansa is baie dankbaar vir vennootskappe soos dié wat eie inisiatief neem om fondse te genereer deur die aanbied van ‘n ‘gesonde’ aktiwiteit. Terselfdertyd kan bewusmaking oor die voorkoming van kanker gedoen word. Die wonderlike bedrag van R26 148,84 is …

“Die jaarlikse DebtSafe Kansa MTB Bergfietstoernooi is vanjaar op 10 Oktober by Shikwaru Lodge gehou.

Kansa is baie dankbaar vir vennootskappe soos dié wat eie inisiatief neem om fondse te genereer deur die aanbied van ‘n ‘gesonde’ aktiwiteit. Terselfdertyd kan bewusmaking oor die voorkoming van kanker gedoen word.

Die wonderlike bedrag van R26 148,84 is aan Kansa oorhandig wat baie sal help om die jaarlikse finansiële doelwitte te bereik.

Sonder die goedgesindheid van besighede en deelnemers sou dit nie moontlik gewees het nie.

Dankie aan elke personeellid van DebtSafe en julle helpers wie die dag so suksesvol aangebied het. Kansa is opreg dankbaar teenoor elkeen se hulp en ons sien uit na volgende jaar.

Groete,

Ansie van Heerden, gemeenskapsmobiliseerder en takbestuurder van Kansa in Mokopane.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button