Bosveld NewsLettersNewsOpinion

Dis nee vir gay-besluit, sê ontstelde leser

Ek is onder die indruk dat die Bybel die Boek wat God se Woord bevat ons riglyn behoort te wees. Nou word kerkrade en gemeentes opgeroep om hieroor 'n uitspraak te maak!

Hierdie artikel en die uitsprake van ds. Peet Venter laat my wonder van wanneer af besluit die kerk wat reg en verkeerd is.

Ek is onder die indruk dat die Bybel die Boek wat God se Woord bevat ons riglyn behoort te wees. Nou word kerkrade en gemeentes opgeroep om hieroor ‘n uitspraak te maak!

Ds. Venter spreek sy deernis uit oor die lidmate omdat die gesprekke die oortreders sal onstel as hulle ontbloot word. Lees gerus Rom. 1 verse 25 tot 27 1 Tim.1 verse 8 -10 en ook Mark 7 verse 20-23

God se plan as ek dit reg verstaan sou wees dat Hy man en vrou geskape het met ‘n doel. Die eerstes was Adam en Eva en nie Adam en Petrus nie.

Hulle moes gemeenskap hê sodat daar kinders kon wees. God se plan is baie eenvoudig. Nou wil ons toelaat dat mense seggenskap moet hê oor God se plan.

Seks tussen mans is ‘n gruwel voor God en is ook ‘n gebruik van die heidense volkere. Dieselfde geld vir vroue.

Nou wonder ek net wat volgende sal gebeur. Daar is reeds hulle wat sê dat Jesus terwyl Hy op aarde was die geselskap van manne verkies het en baie selde met vroue te doen gehad het. Wat gaan ons nou hoor dat Jesus self homoseksueel was ?

Nee dominee sonde bly sonde. Mense sê: “Ek is so gebore jy verstaan, – gene en al”. Dit is seker waar dalk is dit in die familie. Dit my liewe dominee is die rede waarom ek waarlik weergebore moet word sodat ek die sondige natuur sal afsterf en as ‘n nuwe mens uit die dood deur die doop sal opstaan.

Dit is onbillik dat moordenaars en verkragters se fotos en stories in die media versprei word. Hulle is ook baie onsteld.

Kom ons begin by die predikante. Stel asseblief die voorbeeld. As jy homoseksueel is of as jy een van die Godsmanne is wat graag vir die susters hande opgelê het, plaas jou foto, jou storie en jou getuienis in die media.

Ek daag jou uit wees ‘n man of bly n mannin.

Gabriel Hartzenberg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button