‘Hier kom ‘n ding!’ – Hansen
Na 38 jaar by Piet Potgieter is dit vir my 'n besonderse eer om dankie te sê aan almal wat my pad gekruis het - Jas Hansen
Liewe leser
Na 38 jaar by Piet Potgieter is dit vir my ‘n besonderse eer om dankie te sê aan almal wat my pad gekruis het.
• Elke kind oor al die jare – julle het my loopbaan iets besonders gemaak. Dankie dat ek ‘n bydrae kon lewer tot jou sukses.
• Die onderwysers, administratiewe personeel en terreinwerkers – julle het saam met my drome gedroom om Piet Potgieter ‘n topskool te maak. Ons het dit reggekry.
• Die beheerliggaam – Dr. Chris Harris, Dries Coetzer, Jaco van der Wateren en Louis Cangueiro (almal voorsitters) met jul beheerliggame. Julle het groot gedink en altyd na die beste gestrewe. Ons het saam Piet Potgieter tot ‘n skool van uitnemendheid gelei. U was puik!
• Ouers, u was altyd lojaal en positief. U samewerking en ondersteuning maak van Piet Potgieter ‘n besonderse plek – ‘n Bastion van suksesvolle onderwys!
• Die sakegemeenskap – sonder u ondersteuning en borgskappe sou Piet Potgieter nooit gewees het wat hy nou is nie. U finansiële en positiewe ondersteuning het bygedra daartoe dat Piet Potgieter vandag die topskool en die mooiste skool in die provinsie is.
• Laastens, die pers! Bosveld Review en Noordelike Nuus – Baie dankie vir u positiewe beriggewing oor baie jare. U was werklik ons belangrikste bemarkingsinstrument.
Graag pleit ek by al die rolspelers en betrokkenes by Piet Potgieter om voort te gaan met u positiewe gesindheid en ondersteuning – alles gaan tog oor ons kinders. Ons durf hulle nie teleurstel nie. Saam groei ons sterker. Om die skool te dien en kinders op te voed tot volwaardige volwassenheid was vir my ‘n groot voorreg. Dit was werklik ‘n fees om ‘n Pottie te wees.
Ek bly Piet Potgieter se grootste ondersteuner. ‘n Nuwe era met opwindende en passievolle personeel lê voor. Hou vas, hier kom ‘n ding!
Groete
Jas Hansen



