Spoggerige 007-matriekafskeid lui toekoms in
Soos ‘n toneel uit die gewilde James Bond-flieks het graad 12-leerders van Westenburg Sekondêre Skool hulle opwagting in stylvolle uitrustings en vinnige motors gemaak toe hulle hul skoolloopbane het tydens ‘n spoggeleentheid Vrydagaand in die stad vaarwel toegeroep. Die tema was ‘007’ en die leerders en hulle metgeselle het koppe laat draai met hulle elegante …
Soos ‘n toneel uit die gewilde James Bond-flieks het graad 12-leerders van Westenburg Sekondêre Skool hulle opwagting in stylvolle uitrustings en vinnige motors gemaak toe hulle hul skoolloopbane het tydens ‘n spoggeleentheid Vrydagaand in die stad vaarwel toegeroep.
Die tema was ‘007’ en die leerders en hulle metgeselle het koppe laat draai met hulle elegante aanddrag.
Martha Chuene-Masopoga, leerkrag van Westenburg Sekondêre Skool en mede-organiseerder van die byeenkoms sê ‘n skielike haelstorm vroeër die aand het nie die matrieks se groot aand bederf nie. “Elke leerder lyk beeldskoon. Ons personeel is trots op hulle en die harde werk wat hulle gedurende die jaar ingesit het,” sê sy.
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com





Foto’s: Leandri van Schalkwyk




