Kruinies se bestes in elke graad vereer
Curro Heuwelkruin het Donderdag tydens hul graad 4- tot 11-akademiese prysuitdeling die topleerders van elke graad aangewys. Graad 4 se topleerder is Kiana Faia met vakpryse vir Afrikaans huistaal (94%), Engels eerste addisionele taal (98%), wiskunde (99%), sosiale wetenskappe (94%), wetenskap en tegnologie (95%) en lewensvaardighede (95%). Lené van As is as beste leerder in …
Curro Heuwelkruin het Donderdag tydens hul graad 4- tot 11-akademiese prysuitdeling die topleerders van elke graad aangewys.
Graad 4 se topleerder is Kiana Faia met vakpryse vir Afrikaans huistaal (94%), Engels eerste addisionele taal (98%), wiskunde (99%), sosiale wetenskappe (94%), wetenskap en tegnologie (95%) en lewensvaardighede (95%).
Lené van As is as beste leerder in graad 5 aangewys. Sy ontvang vakpryse vir Afrikaans huistaal (94%), Engels eerste addisionele taal (96%), sosiale wetenskappe (95%), wetenskap en tegnologie (95%) en lewensvaardighede (90%).
Graad 6 se toppresteerder is Nikita Stoltz met vakpryse vir Afrikaans huistaal (95%), Engels eerste addisionele taal (95%) en wetenskap en tegnologie (91%).
Die laerskoolleerders, Dorijke du Toit en Charné Hartley deel die Voorslag Kruiner-trofee vir hul prestasie op akademiese-, sport- en kultuurgebied asook vir leierskap.
Stephan de Lange het uitgestaan bo die ander graad 8-leerders. Hy ontvang vakpryse vir wiskunde (91%), Engels huistaal (80%), lewensoriëntering (92%), sosiale wetenskappe (97%), natuurwetenskappe (93%) en drama en kuns (95%). Hy word as die Vuur en Vlam junior-Kruiner aangewys.
In graad 9 het Maria Tamayo Isla stof in die ander se oë geskof. Sy ontvang vakpryse vir Engels huistaal (88%), Afrikaanse eerste addisionele taal (86%), wiskunde (97%) en natuurwetenskappe (95%).
Graad 10 se top akademiese presteerder is Safiyyah Vally met vakpryse vir Engels huistaal (81%), geografie (97%) en fisiese wetenskappe (90%).
Joané Spies is die top graad 11-leerder. Sy ontvang vakpryse in Afrikaans huistaal (93%), lewenswetenskappe (90%), fisiese wetenskappe (94%), ingenieursgrafika en –ontwerp (97%) en wiskunde (100%).
Arno Horn, in graad 11, is as senior Vuur en Vlam Kruiner aangewys.
RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



