BusinessNews

Martha Hofmeyr-inwoners vier 2015 met fliek

Die saal van Vergeet My Nie Behuisingsentrum is verlede Woensdag in ‘n fliekteater, kompleet met hope springmielies, tydens Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes se Kerspartytjie omskep. Die partytjie is met die hulp van Polokwa­ne Observer, Mall of the North, Panarottis Mall of the North en Pick n Pay Mall of the North gereël en inwoners …

Die saal van Vergeet My Nie Behuisingsentrum is verlede Woensdag in ‘n fliekteater, kompleet met hope springmielies, tydens Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes se Kerspartytjie omskep.
Die partytjie is met die hulp van Polokwa­ne Observer, Mall of the North, Panarottis Mall of the North en Pick n Pay Mall of the North gereël en inwoners het ‘n onvergeetlike dag beleef.
Omdat die meeste bejaardes nie meer mobiel is nie, het die organiseerders besluit om ‘n fliek met ‘n Kersfeestema in die Vergeet My Nie-saal te vertoon.
Die gaste het gesmul aan heerlike geregte en yskoue koeldranke van Panarottis, lekkergoed van Pick n Pay en pragtige geskenke te danke aan Mall of the North het die aand ekstra flair gegee.
René van der Merwe, bemarkingsbestuurder van Mall of the North sê dat hulle graag iets spesiaals vir die inwoners wou doen sodat hulle nie tydens die Feesseisoen vergete moet voel nie.
“Dit was wonderlik om vir hulle ‘n partytjie te kon hou en terug te gee aan die gemeenskap. Die blydskap op hulle gesigte het boekdele gespreek en dit was ongelooflik om vir hulle iets te kon doen wat hulle nie as vanselfsprekend aanvaar nie,” sê Van der Merwe.
Dawie Lee bestuurder van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) vertel dat dit die eerste keer was wat hulle ‘n byeenkoms gehad het waar ‘n film vertoon is. Hy voeg by dat die bejaardes dit baie geniet het en hy het almal wat ‘n bydrae gelewer het om die Kerspartytjie ‘n sukses te maak bedank.
“Ons het ongeveer ses weke aan hierdie byeenkoms gereël en dit was ‘n reuse sukses,” vertel Lee.
Personeel van Mall of the North, Panarottis, Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes en inwoners het na die tyd jolig saam gekuier.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

IMG_9851_650x433 IMG_9835_650x433 IMG_9823_650x433 IMG_9814_650x433 IMG_9800_650x433 IMG_9794_650x433 IMG_9786_650x433 IMG_9779_650x433 IMG_9772_650x433 IMG_9760_650x433

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button