BlogsNewsOpinion

‘Pencils of Promise’

VAT VYF: "Eendag terwyl ek op reis was in Indië as 'n jong kollege student het ek 'n tienerseun ontmoet wat besig was om te bedel op straat.

“Eendag terwyl ek op reis was in Indië as ‘n jong kollege student het ek ‘n tienerseun ontmoet wat besig was om te bedel op straat.

‘Wat wil jy graag hê, meer as enige iets anders in die wêreld?’ vra ek hom.

Sy eenvoudige antwoord was : ‘ ‘n Potlood….’

“Daardie antwoord het my hele lewe verander…”

So sê Adam Braun die stigter van Pencils of Promise (PoP)

Hy het toe begin om potlode uit te deel orals waar hy gaan in arm gemeenskappe.

In Oktober 2008 het hy $25 gedeponeer in ‘n bankrekening met die hoop om eendag ‘n skool te bou in ‘n arm gemeenskap deur sy kersgeskenke op te gee en te vra vir donasies.

So is Pencils of Promise gebore in die haglikste ekonomiese toestande moontlik van die VSA.

Sedertdien het hy miljoene dollar bymekaargemaak en meer as 200 skole oor die wêreld gebou en kwaliteit onderwys aan duisende kinders verleen. En ‘n eenvoudige potlood het hulle potensiaal ontsluit.

Kenners het uitgewerk dat daar sowat 40 000 woorde opgesluit lê in die lewensduur van ‘n enkele potlood. Heelwat supersterre, soos Justin Bieber, ondersteun tans sy projek.

In 2012 is Braun benoem vir die ‘Forbes 30 under 30’ lys van welvarende jong entrepreneurs.

Sy nuutste boek is The Promise of a Pencil : How an Ordinary Person can Create Extraordinary Change.

Braun gee drie eenvoudige wenke vir ‘n gewone persoon om buitengewone dinge te doen :

1. Kom uit jou gemaklikheidsone.

“It’s only when you leap off the edge of familiarity that you find out who you truly are and what makes your soul come alive.”

2. Gebruik jou slapelose nagte.

“Every person has an inner voice that speaks your essential truths and it often comes out when you stayed up way too late, separated from the rest of the world.

“Most people fear those restless nights but treasure those moments because that is when great things occur.”

3. Maak jou lewensverhaal die moeite werd om oor te vertel.

“You only get one shot at this existence and once day when you’re gone the most important thing you leave behind is the legacy of the life you lived.

“Make sure you make it a story you’re proud to make others tell.”

Dis amper Kersfees! Kom ons kyk om ons rond of ons nie iets kleins vir iemand kan doen wat ‘n groot verskil in sy lewe kan maak nie.

Êrens is daar iemand wat wag vir jou ‘polood’. (www.dsgielie.net)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button