3 HTS leerkragte tree af
Dit is met 'n bittersoet gemoed wat Hoër Tegniese Skool (HTS) Tom Naudé afskeid neem van drie van hul leerkragte aan die einde van 2015.
POLOKWANE – ‘Dit is met ‘n bittersoet gemoed wat Hoër Tegniese Skool (HTS) Tom Naudé afskeid neem van drie van hul leerkragte aan die einde van 2015.’
Paul de Bruin was vir 39 jaar ‘n onderwyser waarvan 36 jaar by HTS Tom Naudé was. “Ek het eers pas-en-draai aangebied en daarna het dit verander na tegnika meganies. Later het ek oorgeskuif na meganiese tegnologie. Ek het slegs vir die gr. 12’s klas gegee,” vertel hy.
Sy vrou, Lena, was vir 39 jaar ‘n onderwyser waarvan 30 jaar by HTS Tom Naudé was. “Ek het ook vir die gr. 12’s klas gegee en my vak was chemie.”
Paul en Lena sê hul wil graag weer reis. “Ons wil Ierland weer besoek asook Skotland en Europa. Ons karavaan en bakkie is reg,” vertel Paul.
‘Ons wil ook graag al die Sanparke besoek en vir familie gaan kuier,” het Lena bygevoeg.
Nog ‘n staatmaker is Cois Armer wat reeds 41 jaar in die onderwys was. Hy het 26 jaar by HTS Tom Naudé klas gegee.
Bo en behalwe dat hy wiskunde as vak aangebied het was hy ook adjunkhoof en waarnemende hoof van die skool.
Cois sê hy is reeds besig met ‘n boerdery in Levubu. “Ek boer met Makadamia neute, mango’s en koejawels.
Piet Holtzhauzen, waarnemende hoof van HTS Tom Naudé, sê hulle verloor drie van die skool se top leerkragte.




