POLOKWANE – Curro Heuwelkruin se akademiese prysuitdeling vir gr. 4 tot gr. 11 is onlangs gehou.
Die volgende leerders is vereer:
• Kiana Faia is aangewys as graadwenner in gr.4 en het vakpryse ontvang vir Afrikaans Huistaal, English first Additional Language, wiskunde, sosiale wetenskappe, wetenskap en tegnologie en lewensvaardigheid.
• Lené van As is aangewys as graadwenner in gr.5 en het vakpryse ontvang vir Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, wiskunde, sosiale wetenskap, wetenskap en tegnologie en lewensvaardigheid.
• Nikita Stoltz is aangewys as graadwenner in gr.6 en het vakpryse ontvang vir Afrikaans Huistaal, English first Additional Language en wetenskap en tegnologie
• Dorijke du Toit en Charné Hartley ontvang die Voorslag Kruiner Trofee, wat toegeken word aan die hand van volle skooldeelname op akademie-, sport-, kultuur- en leierskapgebied.
• Stephan de Lange is aangewys as die graadwenner in gr.8 en ontvang vakpryse vir wiskunde, English Home Language, lewensoriëntering, sosiale wetenskappe, natuurwetenskappe en KK drama en kuns . Hy ontvang ook die Vuur en Vlam Kruiner Junior trofee.
• Maria Tamayo Isla is aangewys as die graadwenner in gr.9 en ontvang vakpryse vir English Home Language, Afrikaans Eerste Addisionele Taal, wiskunde en natuurwetenskappe.
• Safiyyah Vally is aangewys as graadwenner in gr.10 en ontvang vakpryse vir English Home Language, geografie en fisiese wetenskappe.
• Joané Spies is aangewys as graadwenner in gr.11 en ontvang vakpryse vir Afrikaans Huistaal, Lewenswetenskap, fisiese wetenskap, IGO en wiskunde 100%
• Arno Horn ontvang die trofee vir Vuur en Vlam Kruiner Senior.












