POLOKWANE – Hoërskool is ‘n belangrike tree in ‘n elke leerder se lewe, en dit is baie belangrik vir elke leerder om die regte hoërskool te kies sodat hulle tot die beste van hul vermoë sal ontwikkel.
Review het met Akademie Reformia se leerders gesels oor die groot keuse en elke leerder het saam gestem dat hulle graag na Hoërskool Pietersburg (PHS) wil gaan.

Johan du Plessis vertel dat hy PHS toe wil gaan omdat hy nie baie tegnies is om by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé te gaan leer nie.

Marthinus Grimbeek sê hy wil PHS toe gaan omdat hul akademie en sport baie sterk is.

“Ek wou nog altyd PHS toe gegaan het, ek is mal oor die skool, hulle akademie is baie sterk.” vertel Lumari van der Merwe.

“Ek was nog nooit in ‘n groot skool soos PHS nie, so ek sien nogal uit daarna. Ek sal ook graag aan al hul sport wil deelneem, soos hokkie en netbal,” sê Michelle Fox.

GD van Eeden sê al sy vriende gaan PHS toe, maar sy hele familie het nog altyd Hoër Tegniese Skool Tom Naudé toe gegaan. “Ek wil graag die eerste een in ons familie wees om PHS toe te gaan,” vertel GD.

Casper Badenhorst sê omdat PHS baie sport en kultuur het wil hy graag daarheen gaan.

Janco Enslin sê hy wil ook graag PHS toe gaan omdat die skool so groot is en ‘n weie keuse vakke het met sterk akademie.




