Bosveld NewsLocal NewsNews

Hartseer gevolge van vuurwerke op diere

Talle inwoners het hulle stem op Facebook rakende die gebruik van vuurwerke dik gemaak:

MOKOPANE – “Die oorverdowende geraas van vuurwerke gedurende die feesgety het hierdie jaar sy tol geëis.

Die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) word genoodsaak om teen einde van die week meer as sewe honde, weens beserings wat hulle opgedoen het in ‘n poging om van die geraas te vlug, uit te sit.”

Hierdie is die hartverskeurende woorde van Marcelle Maritz, bestuurder van die DBV, nadat vuurwerke onwettig in die dorp afgeskiet is.

Maritz, ‘n boorling van Mokopane, vertel aan Bosveld in al haar jare as inwoner het sy nog nooit soveel skade en lyding weens die skiet van vuurwerke soos gedurende dié feesgety beleef nie.

“Ek is hartseer en teleurgesteld dat ten spyte van ons pleidooi aan die gemeenskap om nie vuurwerke af te skiet nie, dit op dowe ore geval het en die weerlose diere daaronder moes ly.”

Talle inwoners het hulle stem op Facebook rakende die gebruik van vuurwerke dik gemaak

Zelna en Wickus Coetzee skryf: “Klappers moet verbied word.”

Soreta Swanepoel sê: “Ek stem vir die terugkeer van hondelisensies.” Lena Britz skryf: “Ek wens meer mense wil besef wat hulle aan onskuldige diere doen.” Maritz sê die Percy Fyfe DBV, in noue samewerking met die Nasionale Raad van DBV’s (NRDBV), die plaaslike polisie en stadsraad, gaan alles in hulle vermoë doen om te verhoed dat vuurwerke in woongebiede geskiet word. “Dit is teen die wet,” sê Maritz doelgerig. Sy vertel verder dat hulle ‘n petisie asook ‘n vreedsame optog teen die skiet van vuurwerke beplan.

Daar is nog 18 honde wat deur die DBV gered is wat deur hulle eienaars uitgeken moet word.

Vir verdere inligting kan die DBV by (015) 491 3661 gekontak word.

Maritz laat Bosveld se lesers met die volgende gedagte: “Die Here het diere in ons verantwoordelikheid toevertrou. Besef jy werklik die noodlottige implikasies wat veroorsaak word deur die skiet van vuurwerke?”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button