Local NewsNewsSchools

Lara maak somme vir 2016

PROFIEL: Lara het haar skool-loopbaan by Curro Heuwelkruin voltooi waar sy onder andere wiskunde, lewensoriëntering, rekening-kunde, besigheidstudies en ingenieursgrafika en -ontwerp as vakke geneem het.

POLOKWANE – ‘n Danseres of ‘n dokter wat nie mense wil inspuit nie, was wat Lara van Niekerk (18) wou word toe sy sewe was.

Nou, kort na haar gr. 12 eindeksamen, gaan sy B.Sc aktuariële wetenskap by die Noordwes-Universiteit studeer. Sy vertel dit is ‘n drie-jaar kursus met wiskunde as hoofvak.

Lara het haar skool-loopbaan by Curro Heuwelkruin voltooi waar sy onder andere wiskunde, lewensoriëntering, rekening-kunde, besigheidstudies en ingenieursgrafika en -ontwerp as vakke geneem het.

“In gr. 11 was ek baie betrokke by gemeenskapsdiens gedurende die Mnr. en Mej. Heuwelkruin projekte. Ons grootste betrokkenheid was by Aretha Tehuis. Ek het deur my gemeenskapsdiens geleer die grootste geskenk van liefde is om tyd aan mense te spandeer.”

Lara het deelgeneem aan hokkie en atletiek en glo ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. “Geen mens kan die heeltyd net leer nie, ‘n mens moet iets doen vir ontspanning ook,” glimlag sy.

Lara vertel sy wil graag na vyf jaar ‘n suksesvolle aktuaris wees, miskien al verloof, en in haar eie mooi gemeubileerde huis woon.

Wiskunde was nog altyd haar gunsteling vak en sy sien uit na haar tyd op universiteit en haar studies.

“Ek het wiskunde verstaan en hoef nooit daarvoor geleer het nie. Ons het verskriklik baie huiswerk gekry en ek dink die gereelde oefeninge het bygedra tot my liefde vir die vak.”

Goeie beplanning en nie agter te raak met haar werk nie, het Lara gehelp om haar akademie, sport- en kultuuraktiwiteite te balanseer. “My ouers het my deur my hele skool-loobaan ondersteun en my gehelp waar hulle kon.

“My jonger sussie het my ook baie gehelp met die skryf van opstelle en mondelingse toetse omdat dit my swakpunt was.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button