BusinessNews

Paul Roets by BB Nissan aan stuur van sake

Sy liefde vir die Bosveld het vir Paul Roets nie twee keer laat dink toe hy die pos as verkoopsbestuurder van BB Auto Nissan aangebied is nie en hy het reeds verlede Maandag gretig agter sy nuwe lessenaar ingeskuif. “Benewens my passie vir die motorindustrie is die Bosveld die plek waar ek vreugde vind. Ek …

Sy liefde vir die Bosveld het vir Paul Roets nie twee keer laat dink toe hy die pos as verkoopsbestuurder van BB Auto Nissan aangebied is nie en hy het reeds verlede Maandag gretig agter sy nuwe lessenaar ingeskuif.
“Benewens my passie vir die motorindustrie is die Bosveld die plek waar ek vreugde vind. Ek is gebore en getoë in Tzaneen en al 12 jaar in die bedryf. Die afgelope jaar het ek in Klerksdorp ook as verkoopsbestuurder gewerk voordat ek na Polokwane verhuis het. Die grootste deel van my loopbaan was op bestuursvlak,” sê Roets.
Sy vooruitsigte vir die jaar is positief en hy glo BB Auto se toekoms is helder. “Dit gaan ‘n goeie jaar wees. Ons het nie net die ondersteuning van verskaffers nie, maar ook ‘n goeie en positiewe verkoopspan. Die doel is om ons markaandeel uit te brei en dit kan slegs gedoen word wanneer elke kliënt tevrede hier uitstap,” sê hy.
Uitdagings in die industrie behels volgens Roets grootliks kompetisie.
“Ons kan dit nie bekostig om ons mark-aandeel te verloor nie en moet daarom net die beste diens lewer om ons kliëntebasis te behou. BB Auto se goeie reputasie moet behoue bly en ons moet daarop voortbou om risiko’s te verminder.”
Hy streef daarna om sy verkoopspan gemotiveerd te hou en voortdurend sakebeginsels van eerlikheid en opregtheid voorop te stel.
“Motivering begin by die verkoopskonsul-tant. Hulle weet hulle werk vir hul eie sakke en besef dat elke persoon wat die handelaar besoek, ‘n moontlike kliënt kan wees. Verder stel ons doelwitte en verskaf opleiding om personeel ingelig te hou oor die nuutste produkte en markveranderinge as deel van ons ondersteuning aan hulle.”
Tuis is Roets ‘n gesinsman wat graag om die braaivleisvuur kuier.
Hy is jare lank betrokke by die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging en heg groot waarde aan die bewaring van plant en dier.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button