Bosveld NewsLocal NewsNews

Addisionele drinkwater, tenks vir dor Mookgophong woonbuurte

Raak betrokke by jou plaaslike tak deur TENKS na 45340 te SMS (R1 per SMS).

MOOKGOPHONG – Die burgerorganisasie, AfriForum, het verlede Sondag in samewerking met die omgeegroep, Operasie RIA, vier 1 000 liter-watertenks en 7 000 liter water in Mookgophong versprei.

Operasie RIA het die water aan AfriForum se tak in Mookgophong geskenk om in die gemeenskap te versprei nadat drinkwater in die krane van inwoners wat in Gholfpark woon, opgedroog het.

Twee bejaardes, Joan Smit en Piet Roux, het elk ‘n 1 000 liter-watertenk ontvang. Hoewel hulle reeds diep in hul tagtigs is, moet hulle meer as 80 m ver loop om water te gaan haal. AfriForum gaan ook drukpompe installeer om drinkwater in die watertenks te hou.

“Die regering is besig om grondwetlike regte te vertrap en bejaardes moet daaronder ly. Ons kan nie langer op swak munisipalebestuur staatmaak nie en daarom moet ons op selfdoenprojekte begin fokus,” het Chris Boshoff,

AfriForum se assistentkoördineerder vir Mpumalanga en Limpopo, gesê.

“Dit was ‘n baie emosionele besoek. Ek was geskok om te sien hoe groot die nood vir skoon drinkwater onder bejaardes is,” het Phillip van Staden, AfriForum se Naboomspruit-takvoorsitter gesê.

Yvonne du Toit, dogter van Piet Roux, het AfriForum bedank vir die verligting wat die burgerregte-organisasie tydens die dorp se waterkrisis bring. AfriForum gaan die res van die 7 000 liter drinkwater aan die inwoners van Roedtan voorsien wat ook waterprobleme het.

Faan Burger, ‘n sakeman op die dorp, het twee drukpompe aan AfriForum geskenk. Dié pompe sal in Gholfpark by nog twee bejaardes geïnstalleer word.

Raak betrokke by jou plaaslike tak deur TENKS na 45340 te SMS (R1 per SMS).

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button