Verdagtes verskyn in hof na aanval
Die drie verdagtes wat op 11 Januarie in verband met die plaasaanval op Nico (68) en Annetjie (66) Muller in hegtenis geneem is, het Maandag in die streekhof van die Mokopane Landdroshof verskyn.
MOKOPANE – Die drie verdagtes wat op 11 Januarie in verband met die plaasaanval op Nico (68) en Annetjie (66) Muller in hegtenis geneem is, het Maandag in die streekhof van die Mokopane Landdroshof verskyn.
Die bejaarde egpaar is op 11 Januarie om 07:00 die oggend op hulle plaas, Klipput, sowat 23 km buite Mookgophong oorval en hulle huis van oor die 14 jaar is binne ‘n uur geplunder.
Danksy die flink reaksie van die boere, HPG Spoorsnyers en plaaslike polisie, is die verdagtes om 12:00 dieselfde dag vasgetrek.
Die verdagtes het op 13 Januarie in die Mookgophong Landdroshof verskyn waar die saak na 18 Januarie in die streekhof uitgestel is.
Die saak is Maandag in die Mokopane Landdroshof se streekhof na 1 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek.
Die verdagtes is nie borg toegestaan nie.




