Bosveld NewsNews

Suricat is dag en nag gereed om misdaad te bekamp

Suricat Gewapende Reaksie Potgietersrus is in Desember 1994 deur Div de Villiers gestig wat in daardie stadium nog 'n senior adjudant-offisier in die polisie was.

MOKOPANE – Suricat Gewapende Reaksie Potgietersrus is in Desember 1994 deur Div de Villiers gestig wat in daardie stadium nog ‘n senior adjudant-offisier in die polisie was.

Suricat het vinnig uitgebrei en in 1995 neem De Villiers sy ontslag om sy volle aandag aan die besigheid te bestee. Teen 2002 was 120 wagte hier werksaam.

De Villiers het die behoefte vir verhoogde veiligheid in die gemeenskap raak gesien en in 1994 koop hy Atlas Alarms en stig ‘n beheerkamer en gewapende-reaksiediens. Hy het die wagte afdeling in 2001 aan Rhino sekuriteit verkoop.

Vandag bestaan Suricat uit 26 personeellede wat insluit die knap reaksie-offisiere, tegnici, beheerkamerpersoneel en administrasielede.

Al die lede is opgelei in hulle onderskeie afdelings en meer as 1 700 tevrede kliënte kan getuig van Suricat se flinke diens.

Die tegnici is verantwoordelik vir die installasie, instandhouding en opgradering van alarmstelsels, elektriese omheining en kamerastelsels. Nie net bestaan Suricat uit die bogenoemde dienste nie, maar beskik die besigheid ook oor ‘n top honde-eenheid. Die honde is deeglik opgelei en help om booswigte vas te trek.

Suricat dra ook die dorp se seniors op hulle hande en lewer gratis dienste aan hulle. Van die bejaardes beskik oor n gratis paniekstelsel en bedlêende bejaardes word ook in tye van nood bygestaan en op versoek word hulle gratis begelei.

Mokopane is vinnig aan die uitbrei en glo vele hande maak ligte werk, daarom reageer Suricat onmiddellik in die geval van nood. Deur goeie samewerking met die plaaslike polisie word daar talle verdagtes in hegtenis geneem.

“Die bekamping van misdaad is vir my en my span van kardinale belang,” sê De Villiers.

“Daar word ook nou saamgewerk met die Valke buurtwag met wie die beheerkamer per radio in verbinding is. Wees verseker dat u 24 uur per dag op Suricat se knoppie kan druk en dat puik diens aan die orde van die dag is.”

Lesers is meer as welkom om Suricat te kontak by (015) 491 2080/3062/7519/2572 of by 072 451 3770.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button