BusinessNews

Reis om wêreld by Velvet Apple Café

Smaaklike eetgoed, kreatiewe dekor en eiesoortige bosse blomme het gaste Saterdag by Velvet Apple Café se spesiale Valentynsdagaanbieding begroet. Martin-Shawn van Huyssteen het dié dag ook gebruik om ‘n nuwe bloemistewinkel, Apple Blossom Florists onder die bekwame bestuur van Dewald Haynes, en sy eie Black Apple Design binneshuisversieringsaak bekend te stel. Gaste kon ook die …

Smaaklike eetgoed, kreatiewe dekor en eiesoortige bosse blomme het gaste Saterdag by Velvet Apple Café se spesiale Valentynsdagaanbieding begroet.
Martin-Shawn van Huyssteen het dié dag ook gebruik om ‘n nuwe bloemistewinkel, Apple Blossom Florists onder die bekwame bestuur van Dewald Haynes, en sy eie Black Apple Design binneshuisversieringsaak bekend te stel. Gaste kon ook die Annie Sloan-krytverfreeks wat by Velvet Apple Café verkoop word, besigtig.
Ter viering van Valentynsdag het Van Huyssteen en sy span ‘n wonderlike ‘reis om die wêreld’ geskep waar gaste tee, kenmerkend van verskeie lande met smullekker koekhappies kon proe.
Die span kelners het flink diens gelewer en gaste het ook van die restaurant se heerlike middagetes en dekadente melkskommels geniet.
Rebina Setoaba en Kgolo Manyike, gereelde gaste van Velvet Apple Café, het vertel dat hulle opnuut aangenaam verras was deur die innovering en kreatiwiteit wat Van Huyssteen aan die dag gelê het. Beide het die kwaliteit van die kos wat bedien is, besing en het heerlik onder die reuse koeltebome ontspan.
Die rustigheid van die tuin en geur van die kruie wat oral groei, het tot die dag se sukses bygedra.

MARKI FRANKEN
>>marki.observer@gmail.com

Foto’s: Marki Franken Dewald Haynes is in beheer van die nuutbekendgestelde Apple Blossom Florist-blommewinkel wat op die perseel van Apple Velvet Café bedryf word.
Foto’s: Marki Franken
Dewald Haynes is in beheer van die nuutbekendgestelde Apple Blossom Florist-blommewinkel wat op die perseel van Apple Velvet Café bedryf word.
Rebina Setoaba en Kgolo Manyike ontspan in die geurige tuin waar kruie mildelik groei.
Rebina Setoaba en Kgolo Manyike ontspan in die geurige tuin waar kruie mildelik groei.
Anette de Wet en Dalena Bezuidenhout vier die spesiale dag.
Anette de Wet en Dalena Bezuidenhout vier die spesiale dag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button