Kansa bedank Bolivia Lodge vir volgehoue ondersteuning
Kansa Polokwane het Bolivia Lodge Donderdag vir hul getroue ondersteuning oor die afgelope paar jaar bedank. Die bekende oornagfasiliteit en konferensiesentrum het ‘n geraamde sertifikaat van dank van die vereniging ontvang. Corné Marais, kantoorbestuurder van Kansa Polokwane sê hulle kan altyd op Bolivia Lodge se knoppie druk. “Wanneer ons geldinsamelingsinisiatiewe en ander geleenthede aanbied, stel …
Kansa Polokwane het Bolivia Lodge Donderdag vir hul getroue ondersteuning oor die afgelope paar jaar bedank.
Die bekende oornagfasiliteit en konferensiesentrum het ‘n geraamde sertifikaat van dank van die vereniging ontvang.
Corné Marais, kantoorbestuurder van Kansa Polokwane sê hulle kan altyd op Bolivia Lodge se knoppie druk.
“Wanneer ons geldinsamelingsinisiatiewe en ander geleenthede aanbied, stel Bolivia gereeld vir ons ‘n onthaalsaal gratis beskikbaar. In Maart sal ons Middeleeuse Aand ook hier plaasvind.”
Marais sê sy en haar span beplan om later vanjaar ‘n spesiale geleentheid te hou waar elkeen wat deur die jaar ‘n bydrae tot Kansa Polokwane gemaak het, bedank word.
Mede-eienaar van Bolivia Lodge, Dawie Botes sê dat die sertifikaat ‘n mooi gebaar van Kansa Polokwane is en dat hy dit opreg waardeer. Die sertifikaat sal voortaan in hul raadsaal pronk.
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com



