BusinessNews

Maatskappy se handelsmerk neem stad op horings

Voorpos Makelaars het pas hulle nuwe individualiteit tydens die maatskappy se 25ste bestaansjaarvieringe bekendgestel. Die nuwe handelsmerkidentiteit beklemtoon dat die maatskappy suksesvol tred hou met nuwe uitdagings en omstandighede. “Hoewel ons die afgelope kwarteeu baie groei getoon het, is dit geen rede om terug te sit nie. Ons vertrou dat die nuwe handelsmerk vir kliënte …

Voorpos Makelaars het pas hulle nuwe individualiteit tydens die maatskappy se 25ste bestaansjaarvieringe bekendgestel.
Die nuwe handelsmerkidentiteit beklemtoon dat die maatskappy suksesvol tred hou met nuwe uitdagings en omstandighede. “Hoewel ons die afgelope kwarteeu baie groei getoon het, is dit geen rede om terug te sit nie. Ons vertrou dat die nuwe handelsmerk vir kliënte die gerusstelling sal gee dat ons steeds ? innoverende en gevestigde korttermynversekeringmakelary is,” sê Stefan Duvenage, hoof-uitvoerende beampte van Voorpos Makelaars.
“Die handelsmerk, wat ? trofee-Koedoebul se horings uitbeeld, is van ons vorige handelsmerk oorgedra en dui op ons diepgevestigde wortels wat onveranderd ‘doen dit reg die eerste keer’ bly.”
Voorpos Makelaars is op 1 Maart 1991 deur Stefan en Kobie Duvenage gestig. Met volgehoue toewyding is die maatskappy steeds daarop ingestel om voort te bou op hul kliënte se behoeftes en verwagtinge. Voorpos het gevolglik oor die jare wesenlik uitgebrei en bekend geword as die mees vername finansiële diensverskaffer in Limpopo.
Stefan en Kobie se drie seuns, finansiële bestuurder Ivan, en finansiële adviseurs, Jaun en Melvin, het reeds hulle merk in die versekeringsbedryf en veral by Voorpos gemaak. Die nuwe handelsmerk is simbolies van die nuwe generasie wat met oorgawe die gevestigde familie-onderneming saam met hul ouers bedryf.
“Die drie seuns se benaderings, idees en perspektiewe help ons maatskappy om addisionele markte te betree en hulle bring ook nuwe idees en oplossings wat ons aan ons huidige kliënte bied. Dit het innovering en groei tot gevolg,” verduidelik Voorpos se hoof finansiële beampte, Kobie Duvenage.
“As ? familiebesigheid verskaf ons ? unieke perspektief tot versekering. Ons gee om vir ons kliënte en werk saam as ‘n span om net die beste en koste-effektiefste produkte op die mark te bied.”
Met toegang tot ‘n verskeidenheid wêreldklas persoonlike- en kommersiële versekeringspolisse, is Voorpos Makelaars in staat om al hul kliënte by te staan met behulp van gekwalifiseerde en goedopgeleide personeel wat passievol oor diensle-wering is.
“Ons gewaardeerde en langtermynverhoudings met algemene versekeraars is gebou op ons integriteit en ‘n hoë vlak van professionaliteit. Dit stel ons in staat om topgehalte versekeringsoplossings aan al ons kliënte te bied,” sê Stefan trots.
“Ons sou nie soveel sukses bereik het sonder ons personeel, kliënte en versekeraars nie. Baie dankie vir julle onwrikbare ondersteuning en toewyding die afgelope 25 jaar. Ons hoop om vir die volgende 25 jaar daardie ekstra myl saam met julle te mag stap en julle belange te beskerm.”

Hoof Foto: Stefan en Jaun Duvenage, voor, en Melvin Duvenage en Cochrane Nel, agter, is Voorpos Makelaars se finansiële adviseurs.

Voorpos Makelaars se staatmaker-kantoorpersoneel is Charles Ntabane, Dorris Letsoalo, Salome Mangoale en George Thosago.
Voorpos Makelaars se staatmaker-kantoorpersoneel is Charles Ntabane, Dorris Letsoalo, Salome Mangoale en George Thosago.
Annetjie Bezuidenhout, Joseph Chauke en Ulrica Lowiesch hanteer eise by Voorpos Makelaars.
Annetjie Bezuidenhout, Joseph Chauke en Ulrica Lowiesch hanteer eise by Voorpos Makelaars.
Die onderskrywingspan van Voorpos Makelaars is Jaundre van der Merwe en Sindie Fourie voor, met Lizelle Korff en Marinda Smit agter.
Die onderskrywingspan van Voorpos Makelaars is Jaundre van der Merwe en Sindie Fourie voor, met Lizelle Korff en Marinda Smit agter.
Foto’s: Verskaf Voorpos Makelaars se bestuurspan is Stefan Duvenage, hoof-uitvoerende beampte, en Kobie Duvenage, hoof-finansiële beampte. Agter is Ivan Duvenage, finansiële bestuurder, Jaun Duvenage, finansiële adviseur, en Melvin Duvenage, finansiële adviseur.
Foto’s: Verskaf
Voorpos Makelaars se bestuurspan is Stefan Duvenage, hoof-uitvoerende beampte, en Kobie Duvenage, hoof-finansiële beampte. Agter is Ivan Duvenage, finansiële bestuurder, Jaun Duvenage, finansiële adviseur, en Melvin Duvenage, finansiële adviseur.
Voorpos Makelaars se knap administrasie-span maak seker dat sake klopdisselboom verloop. Voor is Ivan Duvenage, finansiële bestuurder. Agter is Lina Welthagen, persoonlike assistent, Mckyla Olivier, ontvangsdame, en Kobie Duvenage, hoof-finansiële beampte.
Voorpos Makelaars se knap administrasie-span maak seker dat sake klopdisselboom verloop. Voor is Ivan Duvenage, finansiële bestuurder. Agter is Lina Welthagen, persoonlike assistent, Mckyla Olivier, ontvangsdame, en Kobie Duvenage, hoof-finansiële beampte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button