Voorpos Makelaars vier 25 jaar se sukses
Die span van Voorpos Makelaars het Dinsdag die dinamiese maatskappy se 25ste verjaardag met ‘n intieme byeenkoms herdenk. Saam met familievriende en gesinslede het Stefan en Kobie Duvenage die sukses van die maatskappy wat hulle in 1991 begin het met ‘n glasie vonkelwyn gevier. “Voorpos Makelaars se doelstellings is om altyd met deursigtigheid op te …
Die span van Voorpos Makelaars het Dinsdag die dinamiese maatskappy se 25ste verjaardag met ‘n intieme byeenkoms herdenk.
Saam met familievriende en gesinslede het Stefan en Kobie Duvenage die sukses van die maatskappy wat hulle in 1991 begin het met ‘n glasie vonkelwyn gevier.
“Voorpos Makelaars se doelstellings is om altyd met deursigtigheid op te tree en om in die beste belang van ons kliënte op te tree. Ons bied kwaliteitprodukte en professionele finansiële advies om ons kliënte se toekoms te verseker. Spanwerk stel ons in staat om beter dienste te lewer,” sê Stefan.
Hoof Foto: Voorpos Makelaars se knap administrasie-span maak seker dat sake klopdisselboom verloop. Voor is Ivan Duvenage, finansiële bestuurder. Agter is Lina Welthagen, persoonlike assistent, Mckyla Olivier, ontvangsdame, en Kobie Duvenage, hoof-finansiële beampte.




