Bosveld NewsLocal NewsNews
(Nie vir sensitiewe kykers nie) Die dramatiese geboorte van ‘n sebra eerstehands aanskou
Charmaine Lourens, redakteur van Bosveld, het verlede Saterdag tydens ‘n wildrit in die Enthabeni wildreservaat by die Legends Golf & Safari Resort die voorreg gehad om te sien hoe ‘n klein sebra gebore word.

MOKOPANE – Om die geboorte van ‘n baba sebra in die natuur te sien is nie aldag vir almal beskore nie.
Charmaine Lourens, redakteur van Bosveld, het verlede Saterdag tydens ‘n wildrit in die Enthabeni wildreservaat by die Legends Golf & Safari Resort die voorreg gehad om te sien hoe ‘n klein sebra gebore word. Die ma het gesukkel om geboorte te gee en is bygestaan deur ‘n ander merrie wat op die ou end die kleintjie uitgepluk het en die ma toe met mening en met harde skoppe na die geboorte verwilder het van haar vulletjie. Die ma het eers verwoed teruggeveg en toe weggestap. Die kleintjie is daarna op die voete gehelp.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

















































