BusinessNews

Stad se ‘edellui’ vier middeleeue vir Kansa

Edellui in fluweel, onderdane in goiingsak, ‘n paar vrome monikke en selfs ‘n heks of twee het Vrydagaand by Kansa en Seeff Polokwane se Middeleeuse Aand by Bolivia Lodge opgedaag. Die outentieke geleentheid het gaste se stoutste verwagtinge oortref met lang tafels en houtbanke in banketstyl en honderde kerse as enigste bron van lig. Die …

Edellui in fluweel, onderdane in goiingsak, ‘n paar vrome monikke en selfs ‘n heks of twee het Vrydagaand by Kansa en Seeff Polokwane se Middeleeuse Aand by Bolivia Lodge opgedaag.
Die outentieke geleentheid het gaste se stoutste verwagtinge oortref met lang tafels en houtbanke in banketstyl en honderde kerse as enigste bron van lig. Die dekor het tot die unieke atmosfeer bygedra en gaste na die middeleeue weggevoer.
Kansa Polokwane Relay for Life-projek-koördineerder, David Booth en Kansa area-
bestuurder, Adri Ras was die koning en ko-ningin vir die aand en hul ‘onderdane’ moes hul elke nou en dan toejuig en vir gunsies, soos toestemming om die badkamer te besoek en sout vir die kos, vra.
Die streng wette van die aand het mense onder meer verbied om die koning of ko-ningin in die oë te kyk of hande te klap. Mense wat oortree het, het in die tronk wat langs die koning staangemaak is, beland.
Gaste mag slegs kos met hul hande eet en het aan groot hoeveelhede geskenkte vleis asook groente wat deur Goseame Open Market geborg is, weggelê.
Bekende komediant, Barry Hilton en plaaslike sanger, Lourens the Storyteller het vermaak verskaf en die aand se wins is vir die Kansa Relay For Life, wat in Oktober plaasvind, geoormerk.

Seeff4

 Jaco Pietersen eet met sy hande soos in die middeleeue.

Jaco Pietersen eet met sy hande soos in die middeleeue.

Seeff1

 

Hoof Foto: Adri Ras, areabestuurder van Kansa Polo-kwane saam met komediant, Barry Hilton.

MARKI FRANKEN
>>marki.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button