The Dental Studio besoek Eeufeeshuis
Mondhigiëniste en tandheelkundige assistente van The Dental Studio het Eeufeeshuis Woensdag besoek om inwoners meer oor mondhigiëne en gesondheid te leer en tandeborsels en tandepasta uit te deel. In die lig van Maart wat Bewusmakingsmaand vir Intellektuele Gestremdheid is, reël die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (VPG) Limpopo elke Woensdag stimulerende praatjies vir inwoners en …
Mondhigiëniste en tandheelkundige assistente van The Dental Studio het Eeufeeshuis Woensdag besoek om inwoners meer oor mondhigiëne en gesondheid te leer en tandeborsels en tandepasta uit te deel.
In die lig van Maart wat Bewusmakingsmaand vir Intellektuele Gestremdheid is, reël die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (VPG) Limpopo elke Woensdag stimulerende praatjies vir inwoners en dagwerkers van die Trix Nortman Werkswinkel by die tehuis.

Openbare skakelbeampte van The Dental Studio, Alicia Lotriet en Estelle Pretorius van Eeufees-huis.
Natasha van Reede van Oudtshoorn, mondhigiënis sê hulle het die inwoners bewus gemaak van die noodsaaklikheid om behoor-lik na jou mond en tande om te sien. Hulle het ook tyd saam met die inwoners spandeer. “Mondhigiëne word dikwels agtergelaat, wat veroorsaak dat meeste se mond en tande in ‘n slegte toestand is. Ons het vandag na die gemeenskap uitgereik en is bly dat ons die inwoners meer kon leer,” sê Van Reede van Oudtshoorn.
Openbare skakelbeampte van The Dental Studio, Alicia Lotriet, sê dat dit hulle tweede besoek aan Eeufeeshuis ‘n voorreg was wat hulle terdeë geniet het.
Inwoners van Eeufeeshuis was op hul beurt verheug oor die besoek en het die tyd saam met die personeellede van The Dental Studio terdeë geniet.
Johnny Graham, van VPG Limpopo vertel dat ‘n haarsalon, die Polokwane Verkeersdepartement en Polokwane Rampbestuur die tehuis ook vandeesmaand gaan besoek as deel van Bewusmakingsmaand vir Intellektuele Gestremdheid.
Hoof Foto: Steven Du Plooy, inwoner van Eeufeeshuis, (naaslinks) saam met tandheelkundige assistente van die praktyk, Bernice Visagie, Robin Jenkins en Zelmari Bacher.
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com



