Lizz Meiring se handsak beloof verrassings
Lizz Meiring, die bekende veelsydige kunstenaar tree op 16 April by die Hoër Tegniese Skool Naudé op en haar aanbieding van ‘Langpad en Lipstick’ beloof om uitstekende vermaak te bied. Meiring, aktrise, regisseur, TV-aanbieder en seremoniemeester staan in die vermaaklikheidsbedryf as “Bizzy Lizzie” bekend en toer sedert 2014 landswyd met haar aanbieding. Met ‘n reuse …
Lizz Meiring, die bekende veelsydige kunstenaar tree op 16 April by die Hoër Tegniese Skool Naudé op en haar aanbieding van ‘Langpad en Lipstick’ beloof om uitstekende vermaak te bied.
Meiring, aktrise, regisseur, TV-aanbieder en seremoniemeester staan in die vermaaklikheidsbedryf as “Bizzy Lizzie” bekend en toer sedert 2014 landswyd met haar aanbieding. Met ‘n
reuse handsak op die verhoog delf sy diep in elke vrou se belangrikste stukkie bagasie. Langpad en Lipstick vertel van Meiring se ervaringe op die lang pad en hoe items uit die handsak al haar lewe gered het.
Willem Smit, organiseerder sê verversings is by die kaartjieprys van R150 ingesluit én daar sal geleentheid wees om Meiring beter te leer ken. Die funksie word ten bate van die Hervormde Kerk Oostelike Pietersburg aangebied. Meer inligting is by die kerkkantoor by 015 295 3619 beskikbaar of skakel Willem Smit by 084 555 0162 of Marietjie Wolmarans by 082 345 8393.
BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com
Hoof Foto: Internet – Liz Meiring tree eersdaags in Polokwane op.



