PSG help om Kansa se beursie te vul
PSG Polokwane het Donderdagoggend Kansa Polokwane se dag met ‘n stewige geldelike bydrae aan die vereniging opgehelder. Die geld is tydens die Baobab Gholfdag wat onlangs by Polokwane Gholfklub aangebied is, ingesamel. Johan van Ravensteyn, finansiële adviseur van PSG Polokwane sê dat hulle die vierde putjie by die geleentheid geborg het waar hulle ook terselfdertyd …
PSG Polokwane het Donderdagoggend Kansa Polokwane se dag met ‘n stewige geldelike bydrae aan die vereniging opgehelder.
Die geld is tydens die Baobab Gholfdag wat onlangs by Polokwane Gholfklub aangebied is, ingesamel.
Johan van Ravensteyn, finansiële adviseur van PSG Polokwane sê dat hulle die vierde putjie by die geleentheid geborg het waar hulle ook terselfdertyd ‘n kaartjielo-ting gehad het om geld vir liefdadigheid in te samel.
PSG Polokwane het Kansa Polokwane vanjaar hul hooffokus gemaak en beplan om die organisasie deur die jaar te ondersteun. Hulle het ook onlangs geld aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) geskenk.
Relay for Life-projekkoördineerder, David Booth het PSG namens Kansa bedank.
“Kanker en lewensversekering loop hand aan hand. Dit is juis die rede hoekom ons besluit het om Kansa te ondersteun,” sê Van Ravensteyn.
Foto: Leandri van Schalkwyk – PSG Polokwane finansiële adviseurs, Hannes Müller, Bennie Viljoen en Johan van Ravensteyn oorhandig geld wat hulle tydens ‘n gholfdag ingesamel het aan Kansa Polokwane se Relay for Life-projekkoördineerder, David Booth (naasregs).
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com



